Omdat dit hoog tyd is vir my breinselle om weer op poëtiese vorm te kom, het ek besluit om van gister af elke dag óf 'n sonnet óf 'n vers in terza rima te skryf. Die enigste vereiste, natuurlik, is dat ek oor die meer mundane dinge in die lewe dig. Klippe. Kerktorings. Plakkerskampe. Haarjel. Geen eksistensiële angs, liefdespyne of maniere om die heelal van verval en blogging te red nie.
Hier is die tweede helfte van die eerste Engelse sonnet wat ek in maande geskryf het:
…’n stroom miere swets woordloos in gelid
hul kolonie vol vertakkings voorts vodde
die skadu verbeel haar anus 'n luik wit
laat gaan sy die grendels en soos modder
plons haar middagete (haar derms nie meer verstop nie)
oor 'n skouer langs 'n bouer in 'n porseleinwit koppie.© Johan Swarts 2007
‘n Goue sterretjie as jy kan raai hoe die eerste 8 reëls behoort te lyk.