Hol tot jy blind raak

Lek jou kiestand. Ek gee nie om wat hierdie regering sê nie – ek gee nie om hoe hard daar gehamer word op regstellende aksie, BEE, grondhervorming en die verlede nie. Stroop jou onderklere – georganiseerde kaalnaelsessies is wat hierdie nasie gaan herenig.

Daar is niks so wonderlik soos 'n klomp koshuisinwoners wat voëlvry rondspaander in die flou maanlig nie: herwaarts en derwaarts, chaoties deurmekrys; een kleurlose bondel vlees, gebind deur 'n vonkel in die oog en 'n ondeunde vrees vir gemeenskapsdiens.

Lank lewe kleurblindheid. En mag segregasie in 'n gat kruip en doodvrot.

Ek het gister ontdek dat my bloedgroep A-negatief is. Dit het gelei tot sonnet #3.

This entry was posted in Matieland and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>