Vingeroefening #3 (Alpha 1.0)

Brief aan beminde

dit was die dae ná ek moes lees
dat voorts my lewenssop A-negatief sou wees
(klinies op 'n kaartjie wit soos die verse
wat jy nie opteken nie, bleek soos jou vlees)

dat ek jou krulle vir kakkerlakke
aansien, jou kop 'n kantelende atrium
bouvallig, gevul met limf en katterakke
‘n tamatie ingespuit met papperige slakke

(buitelend had jy my harsings blind
van kommer oor jou, verlepte kind
in 'n gat gelaat om te vrot in jou gal
in die snerpende hael, in die wind)

en vervloek is jy wat 'n dogtertjie is
met die lem in jou lobbe wat deemoedig gis.

© Johan Swarts 2007

This entry was posted in Poësie. Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>