SA Male Prostitute – dom twat extraordinaire

Daar is 'n nuwe statshoer op die blogosfeer. Letterlik. 'n Anonieme karakter genaamd sa male prostitute (sy eie, ongekapitaliseerde spelling) het onlangs 'n WordPress.com blog van stapel gestuur en stel nou stelselmatig name van sy kwansuise “kliënte” vry. Laasgenoemde is taamlik bekende Suid-Afrikaners – volgens sa male prostitute het onder andere James Small, Jan de Wet en Leon van Nierop met hom geponkie-ponkie en ander duur goedjies gedoen in die nanag.

Myns insiens kan hy nie 'n goeie prostituut wees as hy sy kliënte se name verklap nie. (Dis natuurlik, bygesê, mits dit waar is. Die hele ding vrot na kettingbrief.) Ek het dit dan ook mooi so vir hom gestel in 'n comment op een van sy posts. Groot was my ontnugtering egter toe ek ontdek dat die swernoot my aanmerking onder moderasie geplaas het:

flagrante-waarheidsverdoeseling.jpg

sa male prostitute:

1. Jy modereer my nie, boetie.
2. Om 'n prostituut te wees en dan jou kliënte se name te verklap, is agterlik. Kry 'n bietjie professionaliteit.
3. Daar is niks fout met homoseksualiteit nie. Jou blog bou egter voort op die stereotiepe beskouing dat dit iets is wat onder 'n maatemmer gebêre moet word.
4. Jy. Modereer. My. Nie. Vir. ‘n. F@%$. Nie.

[exhale]

[ad]

This entry was posted in Blogging and tagged , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>