Monthly Archives: June 2007

Twat?

Kyk: nog 'n twat wat dink Afrikaanse bloggers is so kommin soos gras. (Gee jouself 'n klop op die skouer as jy die vorige sin kon dekonstrueer.) Debbie Smit skryf oor die Afrikaanse blogosfeer: “Blogging in Afrikaans beats walking the dog to exercise the mind”. Voorts is haar raad aan 'n Afrikaanse blogger: “the web [...]

Posted in Blogging | 20 Comments

As jy ‘n kelner was…

…en 'n man met longkanker daag by jou restaurant op en dring daarop aan dat een van sy eie longe vir hom voorgesit word (medium to rare) – sal jy hom bedien?

Posted in Sommer | Tagged , | 14 Comments

Van BOOM na BOEM – ‘n onfeilbare plan vir die voortbestaan van Afrikaans

Tale, soos mense, sterf almal een of ander tyd uit. Dit was die lot van Chicomuceltec, !Xam, Akkadies en 'n swetterjoel ander waarvan ek die name nie eers kan begin uitspreek of vertaal nie. Voorafgenoemde tongknopers het elk 'n lepel in die leksikon gesteek omdat hulle deur primitiewe beskawings gepraat is en ruïnes nie oor [...]

Posted in Taal | Tagged | 19 Comments

Oor en uit

Ek het gister drie dinge geleer. Al die oorlogkunde, militêre opleiding en marteltegnieke in hierdie wêreld is oorbodig. Skraap net 'n mikroskopiese metaalhakie in iemand se oorkanaal sodat ongewenste elemente teen die oordrom skuur en siedaar: pyn. Harde pyn. (Pun intended.) Vriendinne wat medies swot is die wonderlikste mense op aarde, aangesien hulle aanhou luister [...]

Posted in Sommer | Tagged , , | 13 Comments

Ons hou van feedback

Op skool was ek in 'n band. Wattage. My kitaar was nie my vingers se beste maatjie nie en die baskitaarspeler het nooit 'n baskitaar besit nie. Wanneer ons geoefen het, het dit gewoonlik in chaos ontaard. Ek was 'n Creed- en Three Doors Down aanhanger, Pierre (tromspeler) het gehou van NOFX, Jacques (hoofsanger) het [...]

Posted in Musiek | 10 Comments