Confucious says…Allahu Akbar?

CNBCAfrica is onlangs van stapel gestuur. Hiertydens is 'n onderhoud met Thabo Mbeki gevoer oor verhoudinge met China, wat straks 'n neo-koloniale rol in Afrika kan speel:

[Mbeki] also addressed possible perceptions that China could be playing a neo-colonial role on the continent, posed in the opening question by Sir Martin Sorrell, chief executive of global advertising group WPP and broadcast live from New York.

Mbeki said the issue had been addressed at the Africa-China Summit and that the relationship between China and South Africa would be mutually beneficial.

He said he suspected that the fear was not neo-colonialism as much it was the changing nature of relationships.

rock-pagoda.jpg
Nes Latyn destyds is Engels vandag 'n globale taal weens kolonialisme. Enersyds het dit oor jare plaasgevind in die letterlike sin van die woord, met bloedvergieting en menseregteskendinge. Andersyds het wêreldmoonthede soos Amerika Westerse psiges gekolonialiseer met veral massamedia. “We’re all living in America”, vat Rammstein dit raak in een van hulle industriële treffers.

Die heelal drink tog Coke.

China sal vanselfsprekend nie plaasbesettings aanhits nie, maar bid jou dit aan – sê nou maar dele van Afrika raak oor, sê, 'n honderd jaar Mandaryns. Taal en kultuur is nouverweefd met mekaar. Hoe vreemd sal 'n konglomeraat van Afrika en die Ooste nie daaruit sien nie?

This entry was posted in Mymering and tagged . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>