Bliksem
Ek kan nie altyd na Iron & Wine luister nie. Die musiek maak my kwaad, omdat ek jaloers is op die geluksaligheid wat dit uitbeeld. Dis ‘n kalmte wat ek nie het nie en ook nie wil hê nie. Ek moet aangedryf word deur Rammstein of Fokofpolisiekar of Vivaldi in ‘n mineur. Sprekers in lirieke wat soos die outjie in my binneste voel, is kamerade – afgestemde elektriese kitare wat sinkopaties blêr sus my omdat ek weet hoe katarties dit is om hulle so te laat klink.
Anders as lakonisme was sereniteit nog altyd vir my ‘n klug. Tot ek vanoggend om 02:00 nog saam met iemand op Nerina se voorstoep gesit het. Die hemel het geflits en gebliksem en gebrul. Die nag was ‘n Offspring-opus. Ons het ‘n blou kombersie gehad en na ‘n boom gekyk wat spigtig in die geweld van die nagwind geswiep het. ‘n Kop het soms skugter op ‘n skouer gaan lê – onpretensieus en effens onseker en net so sinies soos ek. Twee leë koffiebekers het mekaar geselskap gehou op ‘n skinkbord.
Ek was rustig. ‘n Mens kan nie baklei met die weer nie.


Lyk my ons blogbreine is albei is met die weer gepla. Snap- jy skuld my ‘n … vars appel en wortel drankie met ‘n bietjie gemmer en kruisement, ‘n tikkie paprika en ‘n teelepel heuning (wie drink nog coke?).
Reply
puik, ek sal dit per spoedpos laat aflewer.
Reply
Dis die weer Johan. Die wind. Die winter en die koffie.
Reply
Ek het oor geskakel Cat Stevens toe, although my Iron and Wine is nog steeds naby.
Reply
Hmmm Sonny… ek wonder wie dit was…
Reply
Klink salig…
Reply
Og – hoe smag my hart nou na ‘n bietjie Iron & Wine. Ek het nou ‘n nuwe fase in my musikale luisterlewe betree. Ek wissel Iron & Wine met ‘n soel kombinasie van +44 en Jimmy Eat World. Ja – ek weet dis nie ek nie, maar ek wonder of dit nie dalk gaan word nie?
Reply
Niks fout met ‘n bietjie +44 nie
Reply
Hoekom het jy nie laat weet jy is op die voorstoep nie????
Reply
[...] is stelselmatig besig om verlief te [...]