Ek het nog altyd 'n voorliefde vir elektriese kitare gehad. (Veral as die sein geclip of buite proporsie geblaas is met distortion pedals.) Op skool het die fyn nuanse van die instrument my egter ontglip – al wat toe getel het, was volume, volume en nogmaals volume. En 'n powerchord of twee. Vandag nog is dit my wysvinger, ringvinger en pinkie se gunsteling ontsnapping van die werklikheid:
Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.
Nie dat daar enigiets skort met volume nie. Intussen het ek wel besef dat distortion nooit 'n verskoning vir slordige kitaarspel mag wees nie. (Die botone wat daarmee saamgaan, verbloem te maklik tegniese beunhasery.) Tog, steeds: once a rocker, always a rocker.
Afrikaans misluk soms liederlik wanneer dit vertaalekwivalente vir Engelse begrippe moet verskaf en 68% van julle is n00bs op Vrydae. Moet alles vertaal word?