Kyk: nog 'n twat wat dink Afrikaanse bloggers is so kommin soos gras. (Gee jouself 'n klop op die skouer as jy die vorige sin kon dekonstrueer.) Debbie Smit skryf oor die Afrikaanse blogosfeer: “Blogging in Afrikaans beats walking the dog to exercise the mind”. Voorts is haar raad aan 'n Afrikaanse blogger: “the web is about being inclusive, not exclusive.”
Terselftertyd verskaf sy 'n lys van eksklusiewe webtuistes wat vir haar eksemplaries van Afrikaans op die internet is. Laasgenoemde sluit Dieknoop.co.za, Steve se Spoegblok (daai een met die onooglike layout) en Poes.co.za in.
Hou my vas voor ek haar long vir haar bedien.
(Raakgelees by Uno.)