
(met apologie aan George Maru) Om saans na die sterre te kyk is om die wrede kant van die lewe te besef. Die groot grap van dit alles. Die tans onmeetbare (skynbaar ewige) heelal en alles wat daarin pols weet nie dat dit bestaan nie, maar ons, sterflik en kwesbaar, het 'n bewussyn. Ons weet [...]