Pramberg oralom

“Sny keelaf wat nog lewe”, skryf Boerneef in sy bekende gedig oor die Karoo. Dekades later onthoof 'n man sy hond met 'n petrolaangedrewe kettingsaag. Die Burger plaas grafiese beskrywings van die dier se dood, diereliefhebbers teken (niksseggende) digitale petisies en vir 'n wyle is Inge Lotz en die res van Afrika se ontslape kinders iets van die verlede.

Tog fassinerend, dié ophef. Hoekom kla niemand dan oor 'n mot wat deur 'n gloeilamp geëlektrifiseer word nie? Hoekom stel niemand petisies op teen karre wat springhase of torre tot drel en spatsel reduseer nie? Teen jagseisoene nie? Visserspermitte? Slagplase? Zulu First Fruits Festivals? Hoeveel van die verontwaardigdes begaan 'n estetiese ophemeling van Boerneef se gedig oor die lyding van 'n skaap en peusel biltong?

Die heftige reaksie teen Phillip Matthysen se ligte vonnis bewys drie dinge:

  1. Ons is kleinlik. Ons sukkel om die ander kant van sake in te sien. (Die “moord” is nie sonder rede gepleeg nie: Wagter was tewens taamlik stout.)
  2. Ons is primitiewer as wat ons dink ons is, want om te hoop iemand boet onmenslik erg vir 'n gruweldaad is om self gruwelik en dierlik te wees.
  3. Suid-Afrika is in ontkenning oor 'n misdaadpandemie wat buite beheer is. As ons kan kwaad raak oor die onregverdige behandeling van 'n dier, trek dit ons aandag van die regte probleme daarbuite af. Hondeslagters sê sorrie, rowers skiet terug.

Ons is moflammers wat blêr vir krimpvarkies. En die jakkals hou jolyt.

This entry was posted in Mymering and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>