(Click die bostaande foto om 'n video van die optrede te sien.)
Helshoogte se kleinser, Hoendervleis 2007, het gisteraand opgetree in die eerste uitdunrondte van die US serfinaal. Ek was (en is steeds terwyl ek hierdie woorde tik) so siek soos 'n hond met griep of iets dergeliks wat jou kop laat klop en jou neus verstop. Die donkerkop outjie wat “Tussen Treine” sing op daai verhoog (stage left) voel asof hy wil omval. En braak, natuurlik. All in good fun.
Verskoon my, ek gaan weer omval in my bed.
