mens/dom

In April 2007 het Technorati meer as 75 miljoen blogs ge-index. Luidens die 1%-reël van content creation lees nagenoeg 7500 miljoen mense hierdie blogs – meer as 7500 keer die aantal spesies op die planeet. Blogs verteenwoordig ‘n fraksie van al die inligting daarbuite. Kennis verdubbel jaarliks.

Is die begrip “polimaat” nog ‘n sinvolle begrip? Is dit nog haalbaar om te sê jy weet baie? (Sokrates het meer as 2000 jaar gelede al gesê dat, hoe meer hy weet, hoe meer besef hy hoe min hy weet.) Is dit nog sinvol om te sê God weet alles as kennis amper jaarliks verdubbel? Kan enigiemand ten volle sy of haar plek in die geskiedenis verstaan as dit klaarblyklik onmoontlik is om selfs ‘n fraksie daarvan te leer ken?

Is ons algaande besig om dommer te raak?

Post to Twitter

This website uses IntenseDebate comments, but they are not currently loaded because either your browser doesn't support JavaScript, or they didn't load fast enough.

17 Responses to “mens/dom”

  1. Ja Johan, ek dink ons word dommer. Sê argumentsonthalwe alle tegnologie op aarde plus alle boeke en dokumente word uitgewis, maar wonderbaarlik oorleef alle mense, maar net met die kennis in ons koppe. Wie weet hoe om al die toerusting om ‘n binnebrandenjin te maak, van scratch af te maak en dan ‘n enjin te maak. Van daardie toerusting is rekenaars – wie gaan weet hoe om ‘n mikroskyfie, of selfs ‘n eenvoudige transistor te maak? Miskien sal dit ons net so lank vat om weer te kom waar ons nou is – dis nou as ons dieselfde hoeveelheid luck het.

    Ons ouens in die tegniese beroepe spesialiseer so, daar is niemand meer wat weet hoe alles werk nie. Ek dink so 150 tot 200 jaar gelede kon een persoon nog alle boeke in die wêreld deurlees en ‘n kenner wees op alle (die paar) gebiede wat daar was. Vandag kan jy maar ‘n fraksie van die inligting wat beskikbaar is in jou leeftyd bestudeer.

    Eintlik dink ek jy kan dit so stel: Die mensdom word slimmer, maar die individu word dommer. Tog word die mensdom dommer betreffende die oppas van ons enigste aarde.

    Ek dink net nie die vraag of God alles weet het enigiets met ons domheid of hoeveelheid kennis te doen nie.

    Groete,
    Dom-Kop-op-’n-Blok

    Reply

  2. ja, ek is beslis dom, en word meer so by die dag.

    Reply

  3. huh?

    Reply

  4. Ek dink die mensdom word gevaarliker namate hulle slimmer word, maar ek stel meer belang in wat jy dink. Vertel ons asb.

    Reply

  5. Die bewyse is om ons en hulle bevestig dat ons beslis dommer word.

    Ook, as 75 miljoen 1% van ‘n sekere getal is, dan is daardie getal nie 750 miljoen nie, maar 7500 miljoen. En (byvoorbeeld) nie een van die kommentators hierbo het dit eers opgemerk nie.

    Qoud erat demonstrandum…

    God kan nie slimmer as sy uitvinders wees nie.

    Tjeers,
    “jou oom” Hendrik

    Reply

  6. hallo-hallo :)

    dankie vir die korreksie. emenderings is aangebring.

    inderdaad: QED…

    Reply

  7. johan
    ek is te dom om kommentaar te lewer moes darem net se ek like jou nuwe foto…uhm nie op daai manier nie, maar ek like dit nog steeds.
    so van rock & roll gepraat het vrydagaand anton goosen saam dozi by emperor’s gaan kyk nog nooit ‘n ou gesien wat kan lead speel soos die ou wat nou vir hom speel nie, ek dink sy van is van rensburg, enige idee wie dit is?

    Reply

  8. Askies – ek moes nooit hiermee begin het nie.
    Want … 7500 miljoen mense is ongeveer 1,5 miljard meer mense as die totale huidige wereldbevolking. Dalk lees hulle in die hiernamaals ook blogs.

    Ek’s weg.

    Reply

  9. hmm…ek moet bieg ek het nie so daaraan gedink nie. dis ‘n baie goeie punt.

    ek dink die oplossing lê daarin dat stats vir die 1%-reel met IP’s uitgewerk is. en IP’s beteken nie noodwendig mense nie – op die meeste beteken dit die aantal rekenaars wat data van blogs vertoon.

    dan kan die 1%-reël natuurlik ook net nie van toepassing wees op blogs om mee te begin nie. dis immers afgelei van wiki’s.

    hoe dit ook al sy: QED – ons is dom ;)

    Reply

  10. Daar’s mos daai gesegde van Thomas Edison – I am where I am because I stand on the shoulders of giants, of iets soortgelyks. Alle menslike kennis bou op vorige menslike kennis. Dit is wat so lekker is van skryf en lees en hoekom ons almal nooit alles sal weet nie. Ons is ook waar ons is agv spesialisering, so al kry jy iemand wat presies weet hoe om ‘n mikroskyfie te vervaardig gaan hy nogsteeds iemand nodig he wat presies weet hoe om silikoon te vervaardig en iemand wat presies weet hoe om n soldeer masjientjie te maak. En hierdie tipe spesialisering is ‘n goeie ding – ons sou nooit die hoeveelheid mense per vierkante kilometer kon dra as dit nie vir dit was nie.

    Hendrik – en Johan, julle maak 3 foutiewe aanames:
    1) Nie alle blogs is regte blogs nie, daar word talle (miljoene) spam blogs begin elke dag. Hulle het n leser tal van 0.
    2) Net so is daar klomp mense wat meer as 1 blog het.
    3) Mens kan meer as een blog lees. – dws ek kan joune en Kobus sin lees, so die getal PageViews (of hits) kan baie moontlik hoog in die miljardejuisende wees, maar die hoeveelheid unique visitors sal moontlik baie laag wees per individuele blog. Mens kan eintlik glad nie al daai somme uitwerk tensy jy die rou data het nie.

    En om af te sluit – Dink jy n regter weet alle kennis? Nee, hy weet net hoe om te soek en hoe om naslaan werk ordentlik te doen. Soos ons meer kennis het word dit al hoe belangriker om die regte tipe gereedskap te he om ordentlik te soek en deur al die geraas te filter. Ek sal my kinders eendag baie eerder wil leer hoe om informasie te soek eerder as te weet. Op daai manier sal jou kennis nooit kan stilstaan nie.

    Reply

  11. Ek sien nou net – kyk aan die regterkant van hierdie blog – dit is n goeie verduideliking. Daar is n totaal van 24,865 HITS op hierdie blog, maar ‘n totaal van 16153 UNIQUE PAGE VISITS (wat baie meer tel).

    Johan, op gemiddeld besoek elke besoeker omtrent 2.1 bladsy van jou blog – dit is nogals n goeie syfer glo dit of nie!

    Reply

  12. mense wat aanneem dat God soos ‘n mens gefragmenteerd kennis dra en nie alwetend en alomteenwoordig die inisieerder en Skepper van alle bestaande en toekomstige kennis is nie , omdat die kennis wat mense dra oor goed en kwaad na bewering jaarliks verdubbel, bewys juis daaardie mense se totale idiotisme. om kennis te versamel moet ‘n mens mos relatief slim wees.
    en hulle ooms wat verder die onjuiste afleiding maak dat God deur ‘n “slim” mens uitgedink moes gewees het bewys ten laaste dat sekere mense maar net vrot koolkoppe is wat geleer het om die dowwe skyn van kennis te probeer voorhou.
    sies tog. ek vertrou dan dat hierdie informasie bruikbaar aangewend kan word in enige verdere pogings om beter menslike begrip in die filosofie van die kennis waaroor mense mag beskik te kan bewerkstellig.

    Reply

  13. izak, vriend, ek dink jy verstaan my verkeerd. ek stel dit nie dubbel en dwars dat God nie alwetend is nie. ook nie dat hy alwetend is nie. (of, for that matter, van nesquick pienkmelk hou nie.) ek stel, tewens, niks nie.

    ek vra ‘n vraag. speel duiwelsadvokaat. ek probeer mense laat wonder oor begrippe wat hulle gedink het hulle onder die knie het. want, soos heidegger tereg gesê het – dit is eers wanneer iets breek dat ons agterkom wat die aard daarvan wérklik was: of dit nou ‘n hamer of ‘n begrip soos “God” of “liefde” is.

    uno – dankie vir jou insette, ek sien my fout(e). om sommer aan te neem dat iemand se aantal kennis direk eweredig is aan sy of haar “slimheid,” was dalk nie so ‘n goeie idee nie. ek stem veral met jou saam oor die sif van inligting – sal dit graag ook eendag vir my kinders wil aanleer. dis verrykend om iemand met jou kennis oor die blogosfeer en die internet as ‘n geheel se stem hier te hoor.

    dalk is die oormag inligting juis wat ons nodig het om slimmer te raak; dalk is ‘n beter maatstaf van “slimheid” juis die vermoë om lateraal te dink, aan te pas by jou omgewing en die beste veranderlikes uit elke situasie te onttrek.

    Reply

  14. Maar as jy wéét dat jy dom is en dommer raak, word jy nie slimmer nie?

    Reply

  15. immers.

    Reply

  16. “God kan nie slimmer as sy uitvinders wees nie.”

    Le hierdie woorde nie lekker op die tong nie? Dit klink so absoluut, so bondig, so logies en so seker.

    Veral is sy uitvinders briljant deur die storie te verkondig dat God hulle (sy uitvinders) gemaak/geskep het! Wat in effek sou beteken dat God, gemeet aan die stelling, iets/iemand gemaak het slimmer as Hy om Hom te kom uitvind.

    Klink amper soos man en vrou wie lus is vir wegkruipertjie speel, dan kinders maak en kry, en dan gaan wegkruip sodat die kinders hulle kan soek en help wegkruipertjie speel.

    Nee, oom ding sit maar net soooo op die stoep en loer na die jong wyse manne vol geleerdheid en ding kyk na die groen koring op die land en is opnuut dankbaar dat hy die eenvoud van grond verstaan en daarin en daaruit bestaan.

    Johan, jou blog is bepaald vergaderplek van verskeidenheid – geluk, man!

    Staan sterk, sit stewig en le laag!
    Ding

    Reply

  17. mens/dom/mer

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled