Stem
Welkom! As dit die eerste keer is wat jy hierdie blog raakloop en jy hou waarvan jy lees, oorweeg dit gerus om by my RSS-voer in te teken. Volg my gerus ook op Twitter. Dankie vir jou besoek!
Vanmiddag was primsirkus1. Ek beskou myself as ‘n gedugte grapkandidaat en het, soos verlede jaar, ‘n tweeledige beleidsverklaring gelewer. My buurman en sy kamera was regstreeks op die toneel – ten koste van sy ore, ten bate van my lesers:
[youtube ojMQ_Fdza-g]
(Die regte kandidaat, JD Visser, staan in die agtergrond met ‘n maroenbaadjie.)
![]()
1 ‘n Bekendstellingsgeleentheid waar kandidate meeding in ‘n openbare “debat” om die titel van primarius: hoofseun van ‘n universiteitskoshuis.


Dankie Johan, vir jou sensitiwiteit om woordverklarings in te sit vir ons oue(re)s van dae. Ek sal nou maar nie sê waar ek vandag 30 jaar gelede die nuus van Elvis se dood aangehoor het nie, maar my gunsteling is defninitief Suspicious Minds… nee, wag, wag, maak dit I Just Can’t Help Believin’.
Reply
jou ou snaakssie
Reply
Moerdyk! Behalwe vir die ’skoene’, hot verby. Gormendizer vir hoofseun.
Reply
Liewe gekerstende mensheid! Bestaan daar steeds dinge soos primarii (op vandag se Stellenbosch seker primariuste geroep)? En stap hulle steeds in sulke knie-verlammende purperbaadjies en ligbruinbroeke rond? Hier waar die antie in die verre vreemde sit, het sy gedink dié tipe kledy is ook met die Ou Suid-Afrika tot die vergetelheid verban. Helaas, toe nie. Die antie moet bieg sy het étlike jare terug ook op Stellenbosch haarself vir die Studenteraad verkiesbaar gestel – met welslae nogal! – en as haar geheue nie totentaal met haar parte speel nie, was die eerste sirkus (en was die benaming nie juis nie!) inderdaad in Helshoogte. Die antie onthou dit egter nie herhaalsugtig (neologisme-alarm!) nie, want die manne (sic) was merkbaar stroef en aggressief in hul houding en algemene benadering tot die lewe. Dit was toe ook die antie se swakste stemblok. Haar pramme was konsuis te prominent sigbaar – “soos twee skoupampoene”, het die een Helseveeg met haar uitstap laat val.
Reply
Oukei, kjenners, die antie se getjommel elke dan en wan hier op hierdie auguste forum gaan vir eers stil word. Die antie staar ‘n onverkwiklike sper-lem (neologisme-alarm!) in die gesig – en dis voorwaar nie ‘n mooi gesig nie. Maar, as sy oor ‘n jaar of wat haarself weer in die kuberruim begewe, hoop sy tog dié b(l)oggerasie staan steeds sterk, en – die hoop beskaam nooit nie! – dat die algemene vlak van Afrikaans daarop verbeter het. Daar is rakke en rakke Afrikaanse boeke in jul gawe versonke biblioteek, ook een of twee deur oom John Kannemeyer. Lees en let op. En soos hulle na berigte in ‘n Afrikaanse kroeg in die ooste van Londen sê: Hake wyd en katoolsheid uit! Jeanette x
Reply
perfect pitch en laat
die regte kandidaat
dit pad toe vaat
Reply
gaan daar ‘n inlywingsopvoering ook wees?
Reply
mêêêbie
Reply
(antie Jeanette – hierdie jongeling gaan jou vreeslik mis.)
Reply
JAAAAAAAAA – jammer mashall was nie daar nie…
Reply