Nou die dag stap ek verby 'n plakkaat in die Neelsie. 'n Shofarplakkaat.
God made sex!
Huh? mymer ek.
‘n Mens kan nie seks in 'n blikkie koop en dit saam met jou ronddra nie. Dis 'n abstrakte begrip. Seksuele omgang is 'n kontingente proses, nie 'n voorafgefabriseerde ding (soos die Venus de Milo) nie. Dit begin iewers in tyd, duur 'n bepaalde tydperk en stop dan. So min as wat dit sin maak om te sê iemand het rugby of rockshows gemaak, so min maak dit sin om te sê God het seks gemaak. Geslagsorgane, dalk. Hardgekodeerde drangpatrone in die brein, ja. Maar nie seks nie. Dis 100% ons probleem.