Bhibiza!

Fred Khumalo (van die Sunday Times) haal die volgende humoristiese stukkie uit 'n boek van Ndumiso Ngcobo oor die woordeskat van isiZulu aan:

We Zulus have a well-developed pragmatism. Violence is just the insurance policy we cash in to establish order. As a result, we have quite an advanced vocabulary for beating people up … we have a specific word for using the back of the hand to slap someone, specifically on the lips. Not just anywhere on the face. You can't bhibiza anyone in the eye. And you can't just sommer bhibiza anyone willy-nilly. You bhibiza someone when they are busy back-chatting to you — preferably in mid- sentence. Timing is of the essence. You can't, for instance, find someone standing on the street corner minding their own business and proceed to bhibiza them. That would just be wrong. After all, we’re not violent savages.

(Ndumiso Ngcobo, Some of My best Friends Are White: Subversive thoughts from an urban Zulu warrior.)

Ngcobo ondersoek en steek natuurlik draak met rassestereotipes. Sy beskrywing van oorveë het my aan die dink gesit oor my eie taal as kreatiewe werktuig.

Sommige nasies het meer woorde vir sekere verskynsels as ander. (Vandaar die mite dat Eskimos vreeslik baie woorde vir sneeu het. Hulle het nie.) Afrikaans het natuurlik ook unieke woorde wat, soos “bhibiza”, variasies op 'n tema is. Ek dink byvoorbeeld aan skobbejak, skurk, skelm, skorriemorrie, maaifoedie, boef, booswig, niksnuts en galgaas vir “kwaaddoener”. Galgaas is my gunsteling.

Presies hoe vindingryk moet 'n skrywer wees om middeleeuse kastele en Zulu beeskrale te omskryf in 'n taal wat nie werklik woorde daarvoor het nie? Vir watter dinge het ons baie woorde? En waarvoor het ons amper niks nie, so min dat ons onsself uit frustrasie wil bhibiza?

This entry was posted in Taal and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>