Ek is keelvol vir mense wat die frase “geloof soos 'n kind” misbruik om te verkondig dat Christene moet glo soos 'n breinlose poespas pap vye. Want kindertjies vra vrae. En hulle vra nie hoe laat is dit, wat’s vir aandete of waar trek die wisselkoers nie.
Hulle vra hoekom.
Om soos 'n kind te glo is myns insiens nie om blindelings te aanvaar nie. Dis om gedurig te wonder en te vra en te bevraagteken – om 'n dissipel van Jesus én Sokrates te wees. Insgelyks is dit om deurgaans in verwondering te staan oor jou eie bestaan en alles om jou. Om nooit verveeld te raak met die lewe nie. Hoeveel kleuters met depressie ken jy?
Hoekom was lanklaas so eenvoudig soos wat dit lyk.