Chemistry

Ek vind dit altyd interessant om te sien hoe mense subjektiewe waardes aan fisiese fenomene (as jou naam Edmund is, moet jy nou opgewonde begin raak) heg. Neem 'n HIV-infeksie. Twee of meer biologiese liggame met betrokke chemiese samestellings reageer op mekaar, ondergaan chemiese veranderinge en skei taaierige materie uit. Sommige van hierdie stowwe reageer om die beurt met mekaar en maak dat die toestand van een of beide (of meer) van die liggame se chemiese samestellings anders daaruitsien as vantevore.

Nou het iemand VIGS.

Wat my dronkslaan (dalk omdat ek dit self gereeld doen) is hoe mense die abstrakte sprong van hierdie gegewens kan maak na: “Om rond te slaap en VIGS te kry, is sleg“.

Enlighten me?

(Ek besef dat moord en verkragting net soos hierbo beskryf kan word en dink self dis plein verkeerd. Maar speel tog saam – seks is gewoonlik veel meer konsensueel as manslag.)

This entry was posted in Mymering and tagged , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>