Monthly Archives: September 2007

Is jy werklik jy?

Die volgende aanhaling van Slater (2002: 536), hoewel lywig, som vier aspekte van kuber-emanspiasie goed op: “First, one can perform whatever identity one chooses (I can be a man, a woman or an extraterrestrial toad); second, one can create entirely new identities that are impossible or inconceivable in offline worlds constrained by social and bodily [...]

Posted in Blogging | Tagged , | 17 Comments

Laat die vrydenkers na my toe kom

Ek is keelvol vir mense wat die frase “geloof soos 'n kind” misbruik om te verkondig dat Christene moet glo soos 'n breinlose poespas pap vye. Want kindertjies vra vrae. En hulle vra nie hoe laat is dit, wat’s vir aandete of waar trek die wisselkoers nie. Hulle vra hoekom. Om soos 'n kind te [...]

Posted in Godsdiens | 26 Comments

Hoe jy op TV gaan kom

In die komende paar maande gaan ek en Melanie du Toit 'n kort kortfilm van scratch af beplan en vervaardig. Die onderwerp? Babas. En omdat ons dink julle is onsettend funky, soek ons julle idees. Wat kan baba’s doen wat volwassenes nie kan doen nie? Hondekos eet? Vloermoere gooi in kettingwinkels? Kaal oor die strand [...]

Posted in Film | 14 Comments

Da Mario is orals

Spesiaal vir Maeree en KruidjieRoerMyNie – 'n onaanvegbare bewysstuk dat Da Mario orals is. Click om te lees: (Die Burger, 12 September 2007) Dit beteken natuurlik dat die man met die Pienk Zuit nie meer die enigste ou is wat jou onwettige zappies sien nie. 'n Tragiese dag vir Zuitiste oraloor.

Posted in Media | Tagged , , , | 7 Comments

[click...whirr...curtsy]

[click...whirr...curtsy]

Hoekom is rockbands cool? Hulle lipsync nie. (Daar is min goed so lafaartig soos 'n lipsinker.) Hoekom is Foto Na Dans Cool? Hulle sketter-sketter soos Muse gekruis met Placebo, ingeënt met 'n trompet. Hierdie kêrels is die naaste wat Afrikaanse musiek tans (op 'n liriese vlak) aan Surrealisme kom: Terwyl Britney Spears soos 'n olifant [...]

Posted in Musiek | 18 Comments