Monthly Archives: October 2007

“Die woord het mens geword”

Baie mense dink die sogenaamde Evangelical Pentacostal kerke is die kluts kwyt. 'n Karikatuur van hierdie kerke se deursnee gemeentelid is iemand wat nie vir hulleself kan dink nie – 'n skaap in 'n kolossale kraal vol skerms en ultramoderne klanktoerusting wat aan die neus rondgelei word deur predikers met fut en duur karre. Glossolalie, [...]

Posted in Godsdiens | 19 Comments

Hoekom vegetariërs verkeerd is

Kan mense walvistaal praat? Natuurlik kan ons. Al wat ons moet doen is om die kolosse se soniese gedrag te analiseer totdat ons genoeg grammatiese en semantiese data het ten einde 'n verstaanbare taal te konstrueer. Ek kan nou al sien hoe die eerste duiker in 'n walvispak die duisternis insink om interspesie performance poetry [...]

Posted in Mymering | Tagged , , , , | 23 Comments

Pasteie en die sin van Afrikaanse blogging

‘n Bietjie navorsing toon aan dat die ou Suid-Afrikaanse landsleuse, Ex unitate vires (Eendrag maak mag), nie vreeslik oorspronklik was nie. Vir jare reeds is dit die trotse motto van 'n drietalige België, wat “Eendracht maakt macht” (Nederlands), “Einigkeit macht stark” (Duits), en “L’union fait la force” (Frans) heet. Dis ook die leuse van Pembrokeshire, [...]

Posted in Politiek | Tagged , , | 22 Comments

Mynhardtfletter

“WAT DE FOK” Ek tree terug, gly amper op die matjie in my koshuiskamer en voel hoe my hart paniekerig teen my borskas begin fletter. Patrick Maynhardt is dood en daar lê 'n generiese News24-doodsberig in my inbox. Hoekom is dit vir my so erg?

Posted in Mymering | Tagged , | 27 Comments

50 / 50 se moses

50 / 50 se moses

Die onderstaande filmpie is die resultaat van die eerste verfilmingsprojek wat ek en Stephan Marais onafhanklik aangepak het. Dit was 'n uiters leersame ervaring. Brandpunte waaraan daar nog aandag gegee kan word (maar waaraan ek myself net nie meer gaan steur nie weens 'n verlies aan tyd) sluit in audio wat clip, kontinuïteitsfoute en jerky [...]

Posted in Film | 20 Comments