Papa Roach Jackson Pollock se moses

Arcadia het my getag om 8 lukrake dinge oor myself te vertel. Ek het reeds 'n soortgelyke inskrywing gemaak, maar kan nie 'n medeblogger teleurstel nie. Hiermee dus 8 dinge oor my onmiddelike self:

  1. Ek en 'n koshuisvriend skiet môre 'n kort bemarkingsvideo.
  2. Ek is besig met 'n opstel oor die noodgedwonge verwestering wat ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling teweegbring en die implikasies daarvan vir die taalbeleid van en taalbeplanning in Suid-Afrika. Dit moet môre in.
  3. Daar is 'n groot plakkaat bo my rekenaar met 'n kitaarspelende Angus Young, waarop daar staan: Nobody ever yells “WE WILL WE WILL R&B YOU”
  4. Vir middagete het ek 'n hamburger en aartappelslaai geëet.
  5. Eendrag (wat gedeeltelik afgebrand het) se dak word vreeslik vinnig herbou. Ek kan nie meer kaal in my kamer rondloop nie, want dan sien die konstruksiewerkers my.
  6. Die laaste boek waardeur ek geblaai het, is Language and society in Africa: The theory and practice of sociolinguistics. Dit lê langs my skerm.
  7. Twee mense het sopas in my kamer ingeloop en wisecracks oor Fokofpolisiekar en die ATKV gemaak.
  8. Tydens onlangse navorsing (ja, navorsing) het ek op hierdie video van Papa Roach afgekom:

Wie onthou dit? Jackson Pollock kan gaan doppies blaas, dis die mooiste chaos wat ek nog ooit gesien het.

Wat het jy in die afgelope uur gedoen?

This entry was posted in Musiek. Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>