“Kom lewendig hier uit”

Om na Fokofpolisiekar te luister, is vir my ‘n spirituele ervaring.

Nou verstaan mooi, dis nie asof ek die groot rockgod in die lug se vingers oor my kopvel kan voel streel of ‘n verhoogde vlak van bewustheid of eenheid met die niet bereik nie. Ek het nie ‘n vergeelde foto van Francois van Coke in die hoek van my kamer met kersies en mirre nie en die enigste taal waarin ek brabbel wanneer sy stem deur my harsings dryf, is Afrikaans. Dis niks mistiek of messiaans nie. Dis bloot dit:

Ek kan my oë toemaak en deur nagklubs en oor voorstedelike Bellville klief. Ek kan die halfgeboude brûe in Kaapstad verby my kop sien vlieg. Op Tygerberg kan ek neerstort soos ‘n vliegtuig. Saans, as die maan helder skyn, kan ek koud en verward onder ‘n straatlig voor iemand se voordeur staan, met asem wat soos sigaretrook om my dwarrel. Ek kan langs Tafelberg afry terwyl die son sak, hoofkantore soos ereksies deur die “fyn wolkvlies van die horisonlyn” sien skeur en hemel op die platteland beleef sonder moflammers. My geld kan ek spandeer, my vingers kan ek geel kontempleer.

Soms sien ek vir NP Van Wyk Louw.

Wat Fokofpolisiekar reggekry het in die afgelope paar jaar, is monumentaal. Akademici besef nog nie lekker die omvang van hulle lirieke, die sosiale impak wat hulle op ‘n verwarde generasie gemaak het of die wending wat hulle in Afrikaanse musiek teweeggebring het nie.

As jy hulle nog nie gehoor het nie, click hier. Draai jou luidsprekers wyd oop. Sluit jou oë. Vlieg.

Post to Twitter

This website uses IntenseDebate comments, but they are not currently loaded because either your browser doesn't support JavaScript, or they didn't load fast enough.

14 Responses to ““Kom lewendig hier uit””

  1. Iets sê my ek behoort seker my deel te doen vir Afrikaanse musiek en ‘n CD gaan koop, eh? Ek ken hulle nog nie regtig nie, maar sal graag. Is daar ‘n paar CDs om uit te kies? (Wat’s die beste vir ‘n n00b?)

    Reply

  2. Hulle sing nie, hulle skree net.

    Reply

  3. LUGSTEURING is verseker kopie nommer een, en SWANESANG nommer 2.

    vrede

    Reply

  4. Ek sal bietjie meer rond kyk/luister, kyk hoeveel ek van hulle hou, en dan moontlik gaan soek vir Lugsteuring. Dankie peculiarly odd.

    Reply

  5. Issi Bertus!…hulle sing tog as jy mooi luister, dit klink net skree-erig. :)

    Reply

  6. sorrie hugo, die uniwersiteit het my netwerkpunt afgesit weens virale infeksies en ander oulike goedjies. in ‘n nutshell – ek het geformat ;)

    oor fokof: begin met as jy met vuur speel sal jy brand, dan die vollengte lugsteuring, daarna monoloog in stereo en ten slotte swanesang. luister ook gerus na “klipgooi glashuis” op die kortspeler brand suid-afrika. viva. viva die middelklas.

    bertus! weet nie waarvan hy praat nie ;)

    Reply

  7. oom izak is verbaas dat die jonger mense met soveel kwade gevoellens kan rondloop soos weerkaats in die rotsritmes van die voortsnellende blitspatrolliemotorpoporkes se lirieke en musieke . maar ek besef ook daar is meriete in die prinsiepe van die betrokke kunstenaars…

    Reply

  8. Hulle is cool, tot op ‘n punt…maar hulle songs praat met my. Baie mense het hulle afkeur in polisiekar juis oor hulle kru taalgebruik, maar ek sien dit as ‘n weerspieling van die werklikheid. Skookend…dus, treffend.

    “niemand lewe rerig nie…” weti wat die song se naam is nie maar ek luister hom elke dag…

    Reply

  9. Hey, jy mis uit op Wall of Sound hierie naweek in Pretoria! Fokofpolisiekar gaan daar optree. Ek try nog om ‘n kaartjie te kry. Blykbaar word net die eerste 700 mense ingelaat.

    Reply

  10. bevange :)

    ek gaan hulle by mercury in kaapstad kyk. as ek kan inkom, bygesê. ek raai die hele voorstedelike tienerkorps gaan probeer toegang kry…

    Reply

  11. Okay…cool, thx much…hemel op die platteland acoustic version is hul mooiste song ooit.

    Reply

  12. Bertus! – amen. carien – het moooi geluister, maar skreeu bly skree. Johan – sorry, maar ek is diep dankbaar vir oormowwe!

    Reply

  13. sjoe, en jy vel daardie oordeel na ‘n maksimum van vier liedjies uit omtrent veertig?

    luister tevrede, tiny town, sporadies nomadies (lugsteuring), ek skyn(heilig) (swanesang) al ses acoustic liedjies op die akoestiese album monoloog in stereo, die akoestiese weergawe van hemel op die platteland op die kortspeler brand suid-afrika, fokofpolisiekar (fokofpolisiekar), Morning Star, Durbanville, Vir altyd 7 November en Vasbeslote Korporasie (deel 2)

    dis bloot die eerstes wat by my opgekom het – daar’s talle ander. van coke skree net as die funksioneel is; ‘n voorbeeld hiervan is die (aptly named) angs aanval (lugsteuring).

    daar, nou’t jy huiswerk ;)

    Reply

  14. Ag vrek net toe ek dog ek is klaar…ai… Sal plan maak.

    My een vriendin het die cd’s… Eeen ding van polisiekar is, mens moet luister na die woorde en nie na die geskreeu nie, anders hoor jy niks…sing saam, dink, begryp, net omdat hulle na moegoes lyk beteken nie hulle kan nie sin maak nie…maak dit sin….

    hemel op die platteland is my favourite juis omdat ek op die platteland woon, en dis waarlik hemels…

    wel okay, tyd om die boeke te kap

    cheers vir eers :)

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled