“Kom lewendig hier uit”

Om na Fokofpolisiekar te luister, is vir my 'n spirituele ervaring.

Nou verstaan mooi, dis nie asof ek die groot rockgod in die lug se vingers oor my kopvel kan voel streel of 'n verhoogde vlak van bewustheid of eenheid met die niet bereik nie. Ek het nie 'n vergeelde foto van Francois van Coke in die hoek van my kamer met kersies en mirre nie en die enigste taal waarin ek brabbel wanneer sy stem deur my harsings dryf, is Afrikaans. Dis niks mistiek of messiaans nie. Dis bloot dit:

Ek kan my oë toemaak en deur nagklubs en oor voorstedelike Bellville klief. Ek kan die halfgeboude brûe in Kaapstad verby my kop sien vlieg. Op Tygerberg kan ek neerstort soos 'n vliegtuig. Saans, as die maan helder skyn, kan ek koud en verward onder 'n straatlig voor iemand se voordeur staan, met asem wat soos sigaretrook om my dwarrel. Ek kan langs Tafelberg afry terwyl die son sak, hoofkantore soos ereksies deur die “fyn wolkvlies van die horisonlyn” sien skeur en hemel op die platteland beleef sonder moflammers. My geld kan ek spandeer, my vingers kan ek geel kontempleer.

Soms sien ek vir NP Van Wyk Louw.

Wat Fokofpolisiekar reggekry het in die afgelope paar jaar, is monumentaal. Akademici besef nog nie lekker die omvang van hulle lirieke, die sosiale impak wat hulle op 'n verwarde generasie gemaak het of die wending wat hulle in Afrikaanse musiek teweeggebring het nie.

As jy hulle nog nie gehoor het nie, click hier. Draai jou luidsprekers wyd oop. Sluit jou oë. Vlieg.

This entry was posted in Musiek and tagged , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>