50 / 50 se moses

Die onderstaande filmpie is die resultaat van die eerste verfilmingsprojek wat ek en Stephan Marais onafhanklik aangepak het. Dit was 'n uiters leersame ervaring. Brandpunte waaraan daar nog aandag gegee kan word (maar waaraan ek myself net nie meer gaan steur nie weens 'n verlies aan tyd) sluit in audio wat clip, kontinuïteitsfoute en jerky video. R50 e-mali vir die een wat die meeste diskrepansies kan uitwys. Kyk dit, toe – dis vir liefdadigheid. En daar’s kwaito in:

Volgende op die lys: babas.

In ander nuus: Die kernredaksie van [TYDskrif] mag moontlik agtergekom het dat korrespondensie vir 'n wyle spoorloos verdwyn het. Die rede hiervoor is tweeledig: enersyds het ek die afgelope tyd gesukkel om tyd in te ruim vir breedvoerige e-posse, andersyds het ek my hardeskyf geformatteer, so al my netjies gestoorde e-posse lê tans iewers en wag in gerugsteunde .dbx’s. Belangrik, egter: [TYDskrif] (of wat ons ook al op die ou einde besluit om dit te noem) gaan sonder twyfel realiseer. Moenie ophou inskrywings voorlê nie en moet veral nie bang wees om jou eie inskrywings in te stuur nie.

This entry was posted in Film. Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>