Mynhardtfletter

“WAT DE FOK”

Ek tree terug, gly amper op die matjie in my koshuiskamer en voel hoe my hart paniekerig teen my borskas begin fletter. Patrick Maynhardt is dood en daar lê ‘n generiese News24-doodsberig in my inbox.

Hoekom is dit vir my so erg?

Post to Twitter

27 Responses to “Mynhardtfletter”

  1. ag nee, dit is verskriklik.

    Reply

  2. Dis so erg want dis nog een…nog ‘n legende waarmee ons grootgeword het wat weg is. En Patrick Mynhard veral, het iets van ‘n tydloosheid gehad, asof hy oor 50 jaar nogsteeds oom Schalk Lourens by die Marico-fees gaan opvoer…Selfde klere, selfde baard en selfde teks. Dis aardig dat hy dood is.

    Reply

  3. Ja, die antie is dit met julle mannetjies eens – oor sy tydloosheid.

    En, Johan, ‘fletter’ is ‘n mooi neologisme; die antie sê dit nie net om gaaf te wees in dié uur van nood nie.

    Reply

  4. twee van hierdie mannetjies is vroutjies ;)

    ek wens ek kon die pluimpie aanvaar, maar fletter is ongelukkig reeds in die HAT.

    Reply

  5. Wel, ten minste dui dit op ‘n goed ontwikkelende sin vir die regte woord, of hoe?

    En wat van my tapit/tappet-navraag van nou die dag?

    Reply

  6. Wanneer gaan jy weer vir die antie ‘n bietjie lyf wys? Stort julle nie meer daar in die koshuis nie?

    Reply

  7. Seker maar wanneer die antie vir die res van ons ook ‘n bietjie lyf wys?

    Ek dink dis “tappit”.

    Reply

  8. En wat is die etimologie? Weet die W.A.T. daarvan?

    Die antie is bereid om ‘n tikkie vleis te wys, maar ‘n tikkie …

    Reply

  9. Parow.

    Reply

  10. Parow sal allermins as verklaring vir dié lemma deug. Stel jy nie in jou lewende taal belang nie? Hoe draai A.S. Van Straten nie nou in sy graf om nie!

    Reply

  11. Wat gaan daar op Stellenbosch aan, my kjend?

    Reply

  12. Is die manne nog so geil? Die antie het ook haar behoeftes …

    Reply

  13. O wee, nou’t die antie dié gewyde string kommentare met haar wellustigheid besoedel. Sy benodig ‘n goeie loesing met ‘n lunserige riem. Ahem.

    Reply

  14. Sies. Oom Mynhardt draai in sy graf om.

    Reply

  15. Van lus, ja.

    En my vrae hierbo? Kry ek nie antwoorde nie?

    Is jy nou in Helshoogte, my kjend?

    Reply

  16. Die antie kan gerus nou afkoel. Toe, stort julle nie meer daar in Cambridge nie?

    Reply

  17. Die antie het – alle grappies op ‘n sesduim-stokkie – ‘n klompie jare terug by ‘n vreeslike deftige do hier in die Londen-stad langes ‘n teatervervaardiger aan tafel gesit (‘n gawe ou moffie-oom) en dié was groot pelle met oom Patrick. Ek wonder of hy nie juis met dié laaste besoek ook daar aan huis was nie. Klein wêreldjie, nè.

    Reply

  18. Die antie was lanklaas in Cambridge. Eenkeer op besoek.

    Reply

  19. Die antie haal uit ‘Die Burger’ aan:

    ‘“Hy het ’n fantastiese ontvangs gehad en was in ’n goeie luim,” het Mynhardt se Suid-Afrikaanse promotor, Colin Law, uit Londen gesê.

    “Hy het die aand gaan slaap en is die volgende dag deur sy goeie vriend Robert Checksfield, dood in die badkamer gevind.”

    Checksfield is ’n BBC-korrespondent wat jare gelede met Mynhardt bevriend geraak het.’

    Nou dis juis dié einste oom Robert van wie die antie vaneffe gepraat het. Ok darem maar grênd, dié antie. Hehe.

    Reply

  20. Reg, die antie se asem is nou ok weer eers uit. Sy sal weer vir ‘n klompie maande haar by haar sware werklas bepaal. Arriewarrie!

    Reply

  21. Back to the subject at hand… ;) – ‘Oom’ Patrick – my ouma het nogal ‘n paar jaar voor haar dood kontak met hom gehad. Sy het omtrent ‘n goeie 6 of wat Schalk Lourens stories in duits vertaal – dit voorgelê aan ek dink H&R (dis ook al jarre terug) – en dié het laat weet dat hulle nie dink dat daar ‘n behoefte is nie (of iets in daardie lyn – ek moet tog die briewe bietjie gaan uitgrawe). Maar met ‘n geraamde lesersmark van meer miljoen mense as wat die SA bevolking sterk staan, het sy gedink hulle maak ‘n moerawiese fout. Iewers het oom Patrick van haar te hore gekom en in ‘n briefie vir haar sterkte toegewens en sy hoop uitgespreek dat sy tog die vertalings die lig laat sien – hy het geglo die stories behoort in enige taal waardeer te word…
    Dalk het iemand hier goeie raad? of dalk ken iemand iemand wat raad kan gee?
    Terloops Johan – dis so erg, want ‘oom’ Patrick was die rare spesie wat jy as familie kon eien, deur net te ‘wees’. Ek dink ‘n ander so ‘n mens was Jan Spies – nou wel nie akteur nie, maar hy kon hom so in ‘n mens se bloedgroep in prâât, nê?! Ware volksbesit – en hulle raak al minder… :(

    Reply

  22. Jare, jare, nee dekades gelede was een van my hoërskoolkoshuiskamermaats (hoes daai vir ‘n lang woord) se bynaam Flettermouse.

    Een van die dinge wat ek nog graag wou doen in my lewe was om Oom Patrick in lewende lywe te sien as Oom Schalk Lourens. Nou’s dit te laat. Hoop daar is ‘n DVD.

    BB, kan jy onthou of Patrick Mynhardt ooit op Spies & Plessis was? Daar was soveel gaste, ek kan nie meer onthou nie.

    Reply

  23. Ek het die voorreg gehad om Oom Patrick 2 keer te sien, eers in die Teaterhuisie hier in Pretoria as Oom Schalk Lourens, en toe weer by die HC Bosman Fees op Groot-Marico as, wel, Oom Schalk Lourens. Hy was soos KoosduP, niemand kan ‘n KoosduP song sing behalwe Koos nie – niemand kan Oom Schalk wees behalwe Oom Patrick nie…
    ns – ek het my gedagte oor “tappit” (uit respek vir oom Pat :-) ) daar by die grenate-pos gaan griffel…

    Reply

  24. Gits ja, dis nogal ‘n neiging selfs by mense van vlees en bloed-innie-are: om te kis. Nogtans bly dit onaangenaam om te sien en te ervaar hoe die helde val en sneuwel – miskien is dit juis die stille aantyging dat manman self ouer word? Dat Oom Groot Donker enige dag vir manman self kan kom oes? Moet bieg: nie altyd ‘n onaardige gedagte nie … maar ja, ten minste kan van Oom PM getuig word dat hy ‘n vol en ryk lewe gehad het – baie ander se lewens deur sy eie aangeraak. Wat meer kan ‘n mens dan vra van jou tyd in hierdie lewe op aarde? Tog bly dit maar ‘n gatslag.

    Reply

  25. Dit was erg…net so erg so hansie cronje…

    nooit in ons leeftyd gaan daar weer ‘n patrick mynhardt wees nie…dis so hartseer…hoekom dooi almal nou juis in hierdie jaar???? ai ai

    daar is vanaand ‘n huldeblyk vir oom patrick op kyknet om 21:00…ek weet nie van julle nie maar daai ou het my respek gekry toe ek nog ‘ suigeling was (as ek in sulke detail mag ingaan)

    ek het hom vir die laaste keer op spekskieters gesien, het gehuil van die lag…letterlik. ek dink ons kan maar gerus ‘n vakansiedag in sy naam instel….wat dink julle?

    wees gerus johan…dis nou wel ‘n legende minder in die land maar nie in ons harte nie…his memory will live as long as we do

    Reply

  26. Onthou julle nog Suburban bliss?? dit was die beste..
    we’ll miss you!!

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled