Monthly Archives: October 2007

Uitdaging

Soms kom Afrikaans net nie die mas op met tegnologiese verwikkelinge nie. Ek daag enigiemand uit om vir my 'n gangbare vertaling van cluster grenades te gee met 'n reguit gesig. As beloning sal ek, Idiwidi-styl, jou lof daagliks besing vir sewe (7) dae. “Trosgrenate” tel nie.

Posted in Taal | Tagged | 35 Comments

Soms stort ek

Want dis lekker. Statisties gesproke het ek drie russiese lesers. Stort jy?

Posted in Matieland | Tagged , , | 29 Comments

Genialiteit

Genialiteit

(sorrie Breyten) Dames en here, vergun my om u voor te stel aan Cobus Potgieter, slagwerker en filmvervaardiger extraordinaire. Hy mik en voeter om vir u 'n ritme te produseer, soos byvoorbeeld:

Posted in Musiek | Tagged , , , | 5 Comments

“Kom lewendig hier uit”

Om na Fokofpolisiekar te luister, is vir my 'n spirituele ervaring. Nou verstaan mooi, dis nie asof ek die groot rockgod in die lug se vingers oor my kopvel kan voel streel of 'n verhoogde vlak van bewustheid of eenheid met die niet bereik nie. Ek het nie 'n vergeelde foto van Francois van Coke [...]

Posted in Musiek | Tagged , | 14 Comments

Kar

‘n elegie die tweeduisend sewehonderd agt en twintig halwe brode op sy oë glinster nutteloos in die sekelmaan; traag om sy strot swaai 'n bottervat. verby die nedersetting jaag hy, mieliemeel flonkerend in sy kieste verby die Kaap wat steeds Hollands is (elke hektaar oorbevolk) verby sinkfraktalle en gratis elektrisiteit en stof. niksnutte dink hy [...]

Posted in Poësie | Tagged , , , , , , , | 8 Comments