Agt dinge…

vlcsnap-1290358.png

…wat ek die naweek geleer het:

  1. Moenie akteurs net voor skemer met hulle rûe na die son skiet nie.
  2. As jy binnenshuis is, moenie liries raak oor ‘n sagte, geel skynsel in jou kamera se viewfinder nie. Die kans dat jou beeldmateriaal soos ou kaas gaan lyk, is goed.
  3. ‘n CITI-Golf met ‘n outomatiese ratkas op ‘n gelykerige pad kan ‘n track amper perfek naboots. ‘n Kamera met OIS (optical image stabilization) saam met ‘n CITI-Golf met ‘n outomatiese ratkas is ‘n track op wiele.
  4. ‘n Dramadepartement se hoë definisie kamera kan ‘n kortfilm pragtig laat lyk, mits ‘n dosent dit nie ‘n week voor verfilming laat val nie.
  5. Tweedejaar dramastudente wat op die eerste dag van ‘n 3-dag filmshoot kop uittrek, omdat hulle eerder die aand wil gaan kuier, moet ten alle koste vermy word. (Lodewyk Ludik gaan sukkel om in die toekoms werk by my te kry.)
  6. Babas is moeiliker om te beheer as wat jy dink.
  7. Duur driepote (tripods) moet liefs nie in die see staan nie.
  8. Lig. Is. Jou. Vriend.

Editing en die onthulling van wie se idees gebruik is, vind eersdaags plaas. Die bogenoemde still behoort reeds ‘n bekende blogger met ‘n affinitiet…err…affiniteit vir jong dames weg te gee.

Post to Twitter

19 Responses to “Agt dinge…”

  1. Stoute Lodewyk Ludik. Wie is dié skermutseling van ‘n mens?

    Reply

  2. Driepote? Liewe mens, die antie dag jy praat van jouself. Hehe.

    Reply

  3. en hoekom moet ek liefs nie in die see staan nie?

    Reply

  4. Die foto plus #6 laat my dink aan ‘n storietjie in A.A.J. van Niekerk se boek Die Soutryers (een van my gunstelingboeke), waar die oupa tydens boekevat vir sy dogter se baba (wat al gespeen moes gewees het) sê: “Kêrel, vir jou sit ek ‘n neusplank aan!”

    Reply

  5. ‘n Liedjie wat my pa altyd vir ons gesing het toe ons klein was:

    Oompie Lodewyk, Oompie Lodewyk,
    hoekom drink jy so brandewyn

    Oor dit lekker smaak
    en dit jou nie traak
    daarom drink ek so brandewyn!

    Reply

  6. Dis die mooiste hand wat ek nog OOIT gesien het…. :p

    Reply

  7. Bwhohahaha….ek het net vir antie serdyn beginne mis…!
    Johan, ek het ‘n tyd terug in die Dooie See geswem en met al daardie soute en minerale en goete kan ek wel vir jou sê hoekom jy – die driepootbeeld van toepassing – nie daar baie lank in daardie see wil “staan” nie….! ;-)

    O eeeeeiiiiina.

    Reply

  8. lig is die hart van alles mooi.

    Reply

  9. Stupid dosent

    Reply

  10. a dag in die lewe van ‘n student met planne wat nie gaan opraak nie .
    genotlik ! en kyk hoe tipies vergryp die kleinmanhandjies hulle nou weer so amper.
    net mos maar met die ouer word kry daardie anatomie gelukkig baie meer funksie as om net stapelvoedsel te voorsien.

    Reply

  11. Haai ou perd, hou nogals van hierdie blog. Ek het n lienk op Richard Catto se web toilet gekliek. Wonder of jy weet wat se goeters hy uitbraak oor my en jou voorvaders? Boer dit en dat, maak my effe naar.

    Reply

  12. Genugtig, ek sien nou eers.

    Catto, blyk dit, is ‘n klein seuntjie met anger management problems en delusions of grandeur. Ek het my stuiwer in sy armbeurs gegooi, maar twyfel of dit hom enigsins rasioneel sal laat dink.

    Ignoreer hom. Hy’s ‘n poep in ‘n donderstorm.

    Reply

  13. (sic)

    Reply

  14. (Ek is verbaas dat hy nie jou stuiwer gemodereer het nie, Johan. Ek het noudiedag daar ‘n ou opmerkingkie gelos en dit is gefly. Nie net ly die ou duidelik aan neurotiese psigose nie maar hy pas ook sommer lekker sensuur toe op opmerkings wat hom die idioot maak wat hy is…bietjie van ‘n sissie as jy my vra…)

    Reply

  15. Hoe lyk dié Lodewyk Looidiek? Sal die antie haar vlymskerp tandjies in hom wil slaan? Is die ventjie danig ooglik?

    Reply

  16. Toemaar, die antie het ook al ‘n fliek gemaak – en dié in ‘n donker land. So sy stel ook lig op prys. Maar “Lig. Is. Jou. Vriend.” klink vir haar alte veel soos ‘n bymekaargaar-credo van die His People-kerk.

    Reply

  17. Skryf al die skrywers hiér tans eksamen, of waarom is dié webblad – waar die antie gewoonweg soveel brokstukkies pitkos kry – so skaterend stil? Die antie kom telkens voor dooiemansblog te staan.

    Reply

  18. Seker maar einde van die week / kwartaal / jaar blues. Ek for one is effens aggro, want my karsleutels is weg. Het enigiemand my karsleutels gesien?!?!

    Reply

  19. Johan, bly jy het daai no.6 agtergekom!! Hehehehe…. :lol:

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled