Touché

In Hawaii het Garrett Lisi, 'n 39-jarige surfer met 'n doktorsgraad in fisika, ‘n teorie van alles saamgeslaan wat glo string theory se gat skop. In Suid-Afrika het George Maru my getag om dinge oor myself te vertel. Die voorafgaande sinne het niks met mekaar uit te waai nie, want quantum entanglement werk nie op 'n semantiese vlak nie.

  1. Ek is op pad om te gaan draf
  2. Ek het 'n skamele 70% vir my Honneursgraad behaal. Ek blameer alles op Cobus ;)
  3. Daar is nog 2 scenes oor van die babafilm se rough cut.
  4. My nuwe selfoon 0wnz0rz my ou selfoon.
  5. My meisie woon naby Mosselbaai. Op 'n plaas. Met baie spinnekoppe.
  6. Daar lê 'n kopie van NP Van Wyk Louw se Versamelde Prosa op my bedtafeltjie.
  7. Ek het 'n vreemde spesmaas aKing gaan vir my beter wees as Van Coke Kartel, maar ek kan nie lekker my vinger daarop druk nie.
  8. Ek is nounet via YouTube gekontak deur die makers van 'n amptelike dokumentêr oor Fokofpolisiekar, wat 'n videoclip uit 2005 van my en Pierre (my ou drummer) wil gebruik in hulle film. WHOOHOO!
  9. Dis nogal donker nou, maar ek gaan regtig draf.

En nou tag ek ene Johannaas_11.

This entry was posted in Musiek and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>