
Gisteraand het ek gedroom Suid-Afrika (in my droom die hele wêreld) vergaan in 'n orkaan en 'n messiasfiguur ontstaan in 'n post-apokaliptiese wêreld wat weens 'n misverstand vir die polisie moet vlug, omtrent almal in die SAPD vermoor soos net die superhelde op televisie dit kan doen, so beweeg dat dit lyk asof hy vlieg en later die hele weermag (die wat oorgebly het na die Armageddon, in elk geval) op sy spoor het tot hy die pennetjies in doodskis van hout gegravuur soos Christus afbreek by die plek waar 'n doringkroon sou wees, terug in die kis gooi, na 'n huisie met 'n ou, swart vrou wat Amerikaanse Engels praat gaan en die hoof van die departement Afrikaans en Nederlands aan die bopunt van 'n stel trappe ontmoet, die woorde “ek is so moeg” uiter en sterf op 'n netjies opgemaakte bed.
Voor ek gaan slaap het, het ek episodes 207 en 208 van Heroes gekyk.