Toccata en Padda in d-mineur

Een van my rolmodelle (nee, regtig) is Bach. Ek geniet dit om sy musiek te probeer speel, omdat dit soms nogal tegnies uitdagend kan raak. Onlangs gesels ek toe met Cobus (slagwerker en vervaardiger van die eerste water) oor Sony Vegas Pro 8.0 en die sin van die lewe, toe die gesprek skielik twee dramatiese draaie [DD'e] neem:

6:06 PM Cobus: flippet dude, as jy eers die hang [van Vegas Pro 8.0] het gaan dit jou lewe verorber [DD #1]

seriously

dis SO maklik om siek cool goed te doen

jy gaan alles wil afneem

me: hehe

ok deal

ek gaan vanaand my kitaar opstel in my kamer

en line na my pc

en myself afneem

wat wil jy hoor?

:p

6:09 PM Cobus: haha

enigeiets dude :) [DD #2]

Enigiets. O, Die vryheid. Die absolute vryheid! So toe kies ek Bach. Hiermee dan 'n vrye vertolking van die eerste gedeelte van BWV 565. Ek het nie my amp geline nie sodat almal my kitaartjie se twangy agtergrondklankies kan hoor.

(As bewys dat ek 'n internet psycho is, het ek 'n hartroerende monoloog aangelas.)

This entry was posted in Musiek and tagged , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>