(vanaf Statcounter.com)
Behalwe as ek 'n internetkafee kan vind tussen die stormwaters wat tans vir Mosselbaai wegspoel, is ek vir die volgende week afwesig. Tot volgende Woensdag los ek julle dus met dié ingewikkelde vrae (en ek soek asseblief lang, uitgebreide diskussie):
1. Is daar bergganse by Duitsland se kranse? Die leser wat die mees gemotiveerde antwoord bied se lof sal volgende week (uiteindelik) vir sewe dae saam met hierdie wenner besing word.
2. As jy onlangs die volgende SMS-veldtog geloods of ondersteun het:
Staan saam en boikot Sterkinekor wat Golden Compass wys. 'n Fliek waarin 2 kinders God doodmaak sodat hul kan doen wat hul wil. Dit terwyl ons Jesus se geboorte vier! Rapport het geluister. As ons saamstaan sal Sterkinekor ook moet luister! Stuur asb aan soveel mense as moontlik
…is jy breindood?
Wederom.
Die R50 e-mali is oudergewoonte oop vir verowering.