Ek is nogal beïndruk met aKing se eerste single: “The Dance”. Gaan luister gerus hier daarna, sowel as na die kort dog kragtige “Shine your light”. Biejoetiefoel. As die hele album so klink, ry ek summier na 'n musiekwinkel om tent op te slaan.
‘n Ander band waaroor ek opgewonde is, is YY (of tooYYise / tooWise). Hulle is tans besig om 'n vollengte album op te neem by die SAUK. Ownage.