Monthly Archives: January 2008

Prost

Life is but a shadow – a poor player who struts and frets his hour upon the stage and then is heard no more. It is a tale told by an idiot, full of sound and fury, signifying nothing. Só meen Shakespeare deur die larinks van die beroemde Macbeth – ons lewens is vlietend en [...]

Posted in Blogging | Tagged , , , , | 29 Comments

Hoog[TYD]

Na 'n uitgerekte marathon van proeflopies, verdwene keurders en ander oulike probleempies (soos my selfoon se GPRS-sagteware wat nie met Vista wil werk nie) is die eerste uitgawe van [TYD]Skrif gereed vir besigtiging. Hoewel onekonomies, was die proses tot dusver uiters leersaam. http://www.tydskrif.co.za sal van môre af (dus vanaand om 00:00) inhoud wys. 'n Opregte woord van [...]

Posted in Media | Tagged | 9 Comments

Aan die satansdrek…

…wat my Foto Na Dans CD saam met my cd-speler uit my kar gesteel het: ek hoop jou uterus vrot nukkerig soos 'n lyk langs 'n formalienfabriek. En dat, indien jy nie 'n uterus het nie, jy sewentien sal groei. Drel. (Hierdie inskrywing met apologie aan Do Kwang.)

Posted in Sommer | Tagged | 18 Comments

Manies

Die voordeel van 'n massiewe skerm (of dan die magiese kombinasie van muur plus projektor) is dat jy Steve Hofmeyr se blog kan besoek in bonatuurlike resolusies. Jy kan dan soos 'n klein seuntjie giggel terwyl Henno langs jou op die couch sit en 'n tennisbal na sy pelvis gooi in 'n poging om die…um…nedergedeeltes [...]

Posted in Sommer | Tagged , | 8 Comments