Welkom

Welkom by 2008.

As jy numeries 'n bietjie kroek, is hierdie my derde jaar van blogging. Tot dusver is dit 'n uiters stimulerende ervaring en het dit só deel geraak van my lewe dat ek dit nie meer daarsonder kan verbeel nie. Dinge verander egter, 'n mens raak groot (of ten minste groter) en goed wat jy oor jouself en die wêreld om jou geglo het – dinge waarvan jy vas oortuig was – lyk skielik nie meer so vas nie.

Hoewel hierdie blog nie 'n verandering sal ondergaan nie (ek sal nog steeds net so manies soos vantevore blog, al is dit net sodat Pienk Zuit kan bly dink ek is 'n internet psycho) het die blogger agter die skerm taamlik gemetamorfeer. Ek’s seker maar besig om groot te raak. Of iets.

Verwag dus dieselfde Johan Swarts se bl0g (dis 'n nul daai in “bl0g”, nie 'n groot O nie) met 'n effense kopskuif. Maar moenie my vra wat dit is nie.

Ek kuier tans by die skatlam in Mosselbaai en ry die 5de Januarie terug heimat toe. Tot dan – was agter julle ore, help ou tannies oor snelweë en stick it to the man.

Doen dit vir jou land.

This entry was posted in Blogging and tagged , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>