Opprop

hokkie.jpgMy lewe bestaan tans uit luiwees (want dis na alle waarskynlikheid een van die laaste vakansies voordat ek in die sogenaamde grootmenswêreld invoeter) irritasies (want my Sony MainConcept lisensie het verval en ek kan nie my rou beeldmateriaal access en die babafilm klaarmaak nie) pret (ek speel weer Planescape Torment, seker een van die beste RPG’s wat nog ooit gemaak is – en dit dateer uit die vorige millenium) kopkrap (ek wil die [TYDSkrif] projek binne die volgende paar dae op die been kry, maar kan nie toegang tot ons webspace kry nie) beplanning (oor 'n paar dae ry ek terug Stellenbosch toe om navorsing vir my MA-tesis te begin en 'n klankbaan op te neem) ontdekking (ek het 'n isiXhosa handboek gekoop) en nostalgie.

Ek het 'n liedjie ontdek wat ek saam met Jacques in 2005 in my kamer opgeneem het. Dit was 'n eenvoudige sessie – ons en ons kitare, goedkoop mikrofone, 'n PA mixer en drade. Baie drade. Trou aan Wattage se erfenis is die liedjie geïmproviseer sonder voorafgaande beplanning. Woorde inkluis:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Daar is so baie dinge waaroor ek wil blog (die Skatlam het glad 'n lysie gemaak), maar ek is lui. Mag ek nog 'n paar dae lui wees?

This entry was posted in Self and tagged , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>