GormenDIzer goes emo

Genugtig. Dis 3:41 op 'n Dinsdagoggend en ek sit alleen op die negende verdieping van Helshoogte en staar na 'n wit muur. Darem nie sonder rede nie – agter my kop is 'n projektor besig om die lelieblank muur te ontsier met 'n massiewe instansie van Firefox, wat die text box waarin ek hierdie inskrywing maak onheilspellend groot laat lyk. Om my (oor Henno se 5.1 Surround Sound-luidsprekers) speel 'n gedeelte van die Helshoogte-Minerva Venstersklankbaan. Te veel desibels hier…te min Midrange frekwensies daar…such is the life of an aspiring producer:

screenie.jpg

Diegene van julle met skerp oge sal aflei dat ek tans na Explosions in the Sky luister. Dis mooi rustig en melankolies. Diegene van julle met 'n skerp geheue sal besef dat ek normaalweg nie sulke musiek luister nie. Verbasend genoeg doen ek dit deesdae. (Ek verpes egter nog steeds Iron & Wine. 'n Mens verstik in die rustigheid daarvan.) En die van julle wat werklik getrou hier kom inloer sal besef dat ek onsettend lanklaas 'n inskrywing oor myself en my huidige emosionele toestand gemaak het.

Dis seker maar wat gebeur as jy afgesonder in 'n groot baksteengebou op 'n leë studentedorp sit en jou meisie mis. Nadat jy gedink het jy sal nooit weer iemand mis nie. En nou luister jy Explosions in the sky. Good grief.

Hierdie soort inskrywing gaan nie weer baie vinnig kom nie. Ek het vir lank 'n ongesproke reël op hierdie blog gehad dat ek nie te veel oor myself wil skryf nie. Ek staan daarby – ek dink dis onbelangrike beunhasery. Maar soms is dit juis anomalieë wat die lewe spesiaal maak.

So hier is dit. 'n Inskrywing oor myself. Twintig minute van my lewe waarin ek eintlik moes slaap of aanlynnavorsing vir my MA-tesis gedoen het. En eintlik ook nie.

Nag.

This entry was posted in Self and tagged , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>