Monthly Archives: January 2008

GormenDIzer goes emo

Genugtig. Dis 3:41 op 'n Dinsdagoggend en ek sit alleen op die negende verdieping van Helshoogte en staar na 'n wit muur. Darem nie sonder rede nie – agter my kop is 'n projektor besig om die lelieblank muur te ontsier met 'n massiewe instansie van Firefox, wat die text box waarin ek hierdie inskrywing [...]

Posted in Self | Tagged , , , , , | 13 Comments

Skroef die dolfyne – red die uterus

Hare (soos die lewe, seker maar) kom en gaan. Advertensies ook. Ek lees nou die dag die linkerkantse advertensie raak en wonder toe – is 2008 régtig die jaar van die vrou? Die kopieskrywers is veilig, want hulle gebruik aanhalingstekens. Maar wat sê hulle nou eintlik? Moet ek 'n brafabriek oopmaak? 'n Bietjie navorsing wys [...]

Posted in Media | Tagged , , | 17 Comments

Die keer toe ek ‘n gewoontemisdadiger was

'n Universiteitstudentjie met 'n graad of twee weet alles. Álles. Hy weet hoe om die wêreld 'n beter plek te maak en gewigtige sake (soos hoe om in 'n dameskoshuis se quad te piepie sonder om gevang te word) moeiteloos op te los met net die regte hoeveelheid bier. Hy’s vindingryker as Macgyver, slimmer as [...]

Posted in Prosa | Tagged , , , | 25 Comments

Opprop

My lewe bestaan tans uit luiwees (want dis na alle waarskynlikheid een van die laaste vakansies voordat ek in die sogenaamde grootmenswêreld invoeter) irritasies (want my Sony MainConcept lisensie het verval en ek kan nie my rou beeldmateriaal access en die babafilm klaarmaak nie) pret (ek speel weer Planescape Torment, seker een van die beste [...]

Posted in Self | Tagged , , , , | 13 Comments

Welkom

Welkom by 2008. As jy numeries 'n bietjie kroek, is hierdie my derde jaar van blogging. Tot dusver is dit 'n uiters stimulerende ervaring en het dit só deel geraak van my lewe dat ek dit nie meer daarsonder kan verbeel nie. Dinge verander egter, 'n mens raak groot (of ten minste groter) en goed [...]

Posted in Blogging | Tagged , | 8 Comments