Ek en 'n vriend sit eergister op die rokerstoep van die Neelsie en gesels oor life, the universe and everything else, toe 'n bedelaar met 'n effense alkoholasempie ons oorval vir geld. Ek verduidelik toe mooi vir die man (ten minste so 6 keer, re: die alkoholasempie) dat ek in beginsel nie vir mense geld gee nie en hy verkas.
Toe draai ons gesprek na armoede, doemprofete en politiek. En toe Jacob Zuma. Oor hoe almal bitch en moan oor hoe korrup hy is en hoe aaklig dit is dat hy perdalks ons volgende president kan wees. Asof hy die enigste politikus op die planeet is wat na geld en sy eie geslagsdeel, eerder as sy eie mense, begin luister het. En toe sê my vriend iets baie eenvoudig en baie waar:
Zuma verskil nie baie van die standaardpolitikus nie. Zuma is bloot uitgevang.
Moet ons nie eerder bitch en moan oor die res wat nog nie uitgevang is nie?