Goed, so wat presies rook Jurie Els en sy regspan? Hoekom nie eerder 'n lastersaak maak nie? 'n Interdik (en 'n artikel in die Huisgenoot met uitgekrapte gedeeltes) versuur reeds sy allure, so dis nie asof beeldpoetsery die rede kan wees nie.
So wat dan?
Instink- 'n blinde verdedigingsrefleks? Prokureurs wat so goed kan dink soos wat Els kan sing? Die feit dat sy mark bestaan uit bewonderaars wat die nuus eers oor 'n paar maande via telegram sal ontvang? (Google gerus “Jurie Els”. Hy het nie 'n website nie. Hoe het 'n mens nie 'n website nie? Jou teikenmark is 80.) Sy Head over heals-duet met Patricia Lewis?
Vissies?
Waddehel man?!
[*edit* Ek is nie kwaad nie, ek is totaal en al oorbluf. Kan 'n mens regtig so stupid wees?]