Perspektief

Helshoogte het ‘n massiewe plasmaskerm gekry. Omdat daar dinge op vertoon word (meer eintlik omdat ons graag die bemarkingsafdeling vir Jool wil wen), het ek en Stephan nog ‘n advertensie geskiet. Dis my eerste video met difference masking – ‘n sluwe set om die agtergrond van ‘n toneel te vervang met ‘n ander een sonder om enigsins blou- of groenskerms te gebruik.

Die statistiek in die video is taamlik akkuraat, maar steun op geen navorsing van buite nie en is bloot ‘n projeksie. Don’t quote us. Geniet (en draai jou bas- en volumeknoppies vol) :

[youtube IVo-J3Jj9Dg]

(Omdat ons hierdie keer met ‘n pixel aspect ratio van 16:9 – met ander woorde widescreen – gewerk het en YouTube dit nou nog nie ondersteun nie, behoort alles effens saamgepers te lyk. Jig.)

Post to Twitter

15 Responses to “Perspektief”

  1. Brood

    Reply

  2. sjoe. dankie. waar het julle daai stats gekry? hoekom is dit engels? is daar kopiereg op?

    Reply

  3. die studente se stats is grootliks uitgewerk op ‘n week se kosgeld plus ander uitgawes (kos beloop nogal ‘n stewige bedraggie). die plakkers s’n kom van ‘n paar jaar gelede se gemiddelde inkomste wat ons iewers in ‘n studie gevind aangepas het. ek is egter seker daar is mense in townships wat meer as hierdie bedrag verdien. soos ek sê – dis nie so onakkuraat nie, maar dis geensins amptelik nie.

    engels omdat ons meer mense wil bereik.

    kopiereg…hmm…hoekom?

    Reply

  4. Nice.

    Jy moet altyd export in 720×576, tensy jy besig is met ‘n groot projek wat op die rakke gaan kom of hoofsaaklik in mense (met widescreen tvs) se huise. Meeste dvd players het wel ‘n aspect ratio funksie. Maar dis altyd veiliger om van die begin af in “tv formaat te werk – jy moet net die clip settings en die sequence settings apart hou. Gebruik jy Premiere?

    Reply

  5. Ek kan nie mooi sien waar jy die agtergrond vervang het nie?
    Ek dink dis nice, maar dit sou beter vir so film wees as jy al die titels oor die video sou sit – maw nie die titels op swart hê nie. Ek weet jou van is Swart, maar steeds.

    Reply

  6. Ek stem nie saam nie. Ek dink die leë agtergrond vir die titles is nice. Titles lyk nogals mif oor besige footage – soos die van die neelsie veral. Dis actually een van die goed wat my bietjie pla: dat die R427 oor die besige footage gaan. As jy moet drop shadow dan moet jy liewers nie enigsins nie! Ek hou van die korrelasie tussen die leë klankbaan en leë titleframe: a bit done, but still effective.

    Reply

  7. Treffend. Boodskap duidelik. Vorige ‘perspektief’ advertensie was vir my beter omdat hierdie een meer kontroversieel is. Mense wat hard werk vir hulle geld (selfs studente) is moeg om skuldig te voel oor armoede en jy mag dalk presies die teenoorgestelde reaksie kry as wat jy voor gehoop het m.a.w. ‘n goedbedoelde adv kan dalk meer haat stook i.p.v. simpatie en awareness. Nietemin, welgedaan. Ek’s mal oor die shot met die outjie op die fiets. Classic.

    Reply

  8. Intressante punt Roer.

    Reply

  9. Bad Ben – Ah, dankie, daar leer ek nou iets nuuts. Ons gaan dit maar net render met black bars bo en onder en dit weer upload. Ek sien ons het iets bykomend om oor te gesels môre as net kitare ;)

    “As jy moet drop shadow dan moet jy liewers nie enigsins nie!” – nice, dit maak baie sin. /me leer

    Leon Jacobs – ah, kritiek :-) Hmm…ek stem saam met Ben op die een – die teks lyk ‘n bietjie muf as dit oor die footage is. My van is Swarts ;)

    Ek het die vrou in die laaste toneel van die (redelike) statiese background afgetrek en die background vervang met die background plus die text. Dit lyk dus asof die vrou voor die teks verbyloop. Dit het my ‘n rukkie geneem om uit te figure, en daar is aan die begin en die einde klein glitches. Weens tydsbeperkinge het ek toe maar net die “Get it” teks agter die vrou laat aanbeweeg, om kykers se aandag daarvan af te lei.

    Roer – Dankie. Ek dink jy maak ‘n goeie waarneming met betrekking tot die “skuldgevoel”. Die doel (as dit wel sou help) was egter glad nie om mense skuldig te laat voel nie. Maar kykers se reaksies is op die ou einde van die dag wat tel, so jy’t nogal ‘n punt beet waaroor ‘n mens kan praat.

    Reply

  10. Loer bietjie na Creative Commons se “licences”. Ek sou voorstel “Attribution-NonCommercial-ShareAlike”, of selfs Attribution-ShareAlike as jy wil.

    Viva La Revolución!

    http://creativecommons.org/

    Click bo regs.

    Reply

  11. (oh, ek gebruik Vegas)

    Reply

  12. as jy in vegas die project properties verander (in terme van aspect ratio’s) behoort die hele projek homself daarby aan te pas, ekw eet partykeer sukkel images hiermee.. maar dis altyd by verre die effektiefste om maar in 4:3 te werk en die activity in die 16:9 area te hou, vir ingeval dvd players dit self na 19:9 toe crop. soos my drumming video’s met twee kameras wat elkeen in verskillende aspect ratio geskiet is :) black bars are your friend.

    siek video. ek love die subtractive masking.

    en ek wag vir die blog oor SLK se gig ;)

    Reply

  13. welgedaan. het elke koshuispaar so ‘n projek gedryf? ek weet ‘n klompie jare terug moes elke karnavalgroep ‘n buddy-big screen neelsie videoclip maak. maar nou met jool weet ek nie meer nie, haha.

    wanneer is karnavalbal, hm, oftewel joolbal?

    Reply

  14. dis meestal ons inisiatief. daar mag moontlik ander koshuispare wees wat ook so iets gedoen het; as daar is, weet ek nie van hulle nie.

    joolbal is iewers in april, as ek dit nie mis het nie.

    Reply

  15. [...] by Johan Swarts and Stephan. They say the stats are quite accurate, but are not based on outside research. “It is merely [...]

Leave a Reply

CommentLuv Enabled