Blogito ergo sum

Vir die rekord.

As jy blogs lees, is jy nie 'n blogger nie. As jy kommentaar op Steve Hofmeyr se Spoegblog los, is jy nie 'n blogger nie. Jy’s nie eers 'n blogger as jy al daaraan gedink het om self 'n blog te begin of aangetroude familie van jou buurt se plaaslike statshoer is nie.

Jy is slegs 'n blogger as jy 'n blog besit en van tyd tot tyd jou gedagtes met die wêreld deel. Of: jy’s slegs 'n blogger as jy blog.

Ek meen dis tog eenvoudig. Teatergangers is nie akteurs nie, Springbok-aanhangers nie Springbokke nie, kerkgangers nie predikante nie. Hoekom dan, om hemelsnaam, is daar die vreemde meem in omloop wat na lesers as bloggers verwys? Sien byvoorbeeld Frank Botha se selfbeskrywing:

Frank Botha is een van ons land se mees dinamiese en uitgesproke joernaliste wat sy deurbraak in die Suid-Afrikaanse blogosfeer in Oktober 2006 gemaak het met Daaglikse Dosis, sy uiters suksesvolle windgat Afrikaanse blog wat deur 240 000 bloggers per maand gelees word!

Nou ja, ek twyfel nie daaraan dat Frank uitgesproke, dinamies of windgat is nie, maar ek maak sterk kapsie teen daai 240 000 Afrikaanse bloggers. Waar kruip hulle weg? Wys hulle asseblief vir my, want Technorati wil nie.

This entry was posted in Blogging and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>