Sjoe. In Gister se Die Burger:
ORANIA. – Die Vryheidsfront Plus het 'n veldtog begin om deur aktivisme oor kwessies soos regstellende aksie en die taalstryd die studenteraad (SR) van die Universiteit Stellenbosch te probeer oorneem.
Kom ons wees nou eerlik: enigiemand wat die US se studenteraad wil oorneem met partypolitiek gaan lelik les op sê. Sake werk eenvoudig net nie so hier nie.Veral nie met so 'n taktiek nie:
Dit sal nie met die volkstaatbeleid, wat steeds sentraal tot die VF+ staan, wees dat Maties oorgehaal sal word nie.Die tipe Afrikaner-volksgebaseerde aktivisme wat so goed in die res van die land gewerk het, is nou Stellenbosch se voorland.
Kom weer? Twee probleme:
1. Stellenbosch is nie in 'n sosiopolitieke konteks gesitueer waar Afrikaans net die taal van die witman is en wit studente 'n probleem het om saam met ander rasse in 'n koshuis te woon nie.
2. Die enigste politiek wat ooit hier sal werk, is koshuispolitiek. Dis 'n baie sterk dryfkrag. Rasse word saamgesnoer onder die vaandel van een huis – Helshoogte, Nerina, Eendrag, Sonop, watookal. Dis (soos enige soort trots van hierdie soort: skooltrots, koshuistrots, sportspantrots, etcetera) absoluut sinneloos, maar dit werk en dit bind. Ek het vriende wat ek nooit op skool sou gehad het nie, omdat ek gedwing was om my kop te swaai.
Volksgebaseerde aktivisme sal nooit werk by Maties nie, want die “volk” is dood. (Good riddance.) Indien die “volk” wel herleef, blyk doen, doen hulle dit in 'n verdraagsame en positiewe manier, soos Adam Tas.
Ter afsluiting wil ek graag hierdie stukkie ook aanhaal, aangesien dit vir my kostelik was:
[Cornelius van Rensburg, landwye jeugleier van die VF+,] het aangevoer die Afrikaner is tans magteloos teen die regering. “Hoe vry is ek as ek geen vooruitsigte vir werk in Suid-Afrika het nie omdat ek wit is? Hoe vry is ek as ek weens velkleur nie toelating tot mediese studies kan kry nie, maar swart studente met gemiddeldes onder 60% word toegelaat? Hoe vry is ek as regeringsbeleid bepaal saam met wie ek in 'n koshuis kan bly?”
Cornelius het natuurlik 'n geldige punt beet oor werkloosheid van wit Afrikaners. Maar kyk mooi: die man wat kla oor werksvooruitsigte sit dubbel en dwars met sy gat in die botter – as jeugleier van die Vryheidsfront. Snaaks.
Vryheidsfront (en ANC, DA en wie ook al nog), ek gaan dit lelik in Engels sê, sodat julle my mooi kan verstaan:
Stay the fuck off my campus.
Dankie.