Julle almal ken daai gevoel wat 'n mens kry as jy eendag oorskakel van stereo na surround sound – en dan skielik weer terugskakel? Daardie effense teleurstelling wanneer jy agterkom dat dit wat jy gedink het cool is, skielik nie meer so cool is nie? Ek het dit nounet beleef terwyl ek voorberei het vir 'n groepklassie wat ek netnou (08:00) vir 'n paar eerstejaartjies aanbied. Ek het my skerms, wat aangedryf word deur 'n splinternuwe GeForce 8600 GTS, van “Dual View” afgehaal en op “Clone” gesit, sodat albei skerms presies dieselfde beeld wys.
Ek kon nie langer as 'n minuut uithou nie. Toe sit ek dit maar weer terug:
Baie van die goeie dinge in die lewe kom in pare. Dink maar net aan boobs. Lesbians. Valuepack toiletrolle. Generiese 14″ skerms met 13.5″ viewable areas. Winamp visualisation terwyl jy Quake speel. Boobs. Blogging terwyl jy e-pos lees. Lesbians. Die lys is eindeloos.
Lank lewe pare.
