Bekgeveggie #1: Frank Botha, leunaar?

Ai, Frank. Moet jy my nou dwing om dit te doen?

Agtergrondinligting vir diegene wat nie weet wie ek hierbo aanspreek nie: ‘n paar dae gelede het ek geblog oor iets wat vir my nie sin maak nie, naamlik die verskynsel dat lesers wat nie self blogs besit nie hulleself bloggers noem. Ek vind dit absurd, aangesien verwers tog verf, bestuurders bestuur, kitaarspelers kitaar speel en dosente doseer. Etcetera. Die standpunt van my inskrywing: jy’s slegs ‘n blogger as jy blog.

Om hierdie verskynsel te illustreer, het ek ‘n blog aangehaal wat (myns insiens) mildelik dié feitefout begaan. Die keuse was lukraak: Frank Botha.

Frank het teruggeveg (ironies, aangesien daar nie ‘n bakleiery was om mee te begin nie) deur vir my ‘n boodskap te stuur en dit saam met my uiteindelike repliek op sy blog te publiseer. In sy boodskap skryf hy:

Ek weet nie of jy weet hoe ‘n “hit-counter” werk nie, Johan, maar Daaglikse Dosis s’n wys vir ons hoeveel bloggers my blog besoek. Ons WORD gelees: selfs deur my idiotiese aanvallers (98% van jou blerrie bloggers) en ek maak geen verskoning daarvoor nie. [...] Ek sê vir jou dankie vir jou “insingewende” inskrywing, maar Daaglikse Dosis se trefslae trek nou al duskant 300 000 per maand. Dankie vir die gratis bemarking. (My klem)

Hy beledig natuurlik my intelligensie deur te vra of ek weet hoe ‘n hit counter werk (en sy eie deur dit ‘n koppelteken te gee asof dit ‘n Afrikaanse term is, maar dit in aanhalingstekens te plaas soos ‘n Engelse term), maar dis nie juis vir my ‘n kwessie nie. Ek weet my lesers is almal intelligent. Maar dis ook nie die kwessie nie.

Beskou die volgende. In sy “Meer oor Frank”-afdeling skryf hy dat Daaglikse Dosis deur 240 000 mense (bloggers) per maand gelees word. In sy brief aan my word die syfer effens opgeblaas – 300 000 per maand. Indrukwekkend. Tot jy die ware hit counter onderaan sy eie blog lees (screenshot vandag geneem om 15:47):

daaglikse_dosis_hits.jpg

Vir my swaksiende lesers met nege duim skerms:

daaglikse_dosis_hits_blowup.jpg

Die getalletjie hierbo (147 376) dui unieke trefslae sedert Oktober 2006 aan. Unieke trefslae is die aantal IP-adresse wat toegang tot ‘n webblad gekry het. In hierdie geval beteken dit dat ‘n maksimum van 147 376 rekenaars (of, vir alle praktiese doeleindes, mense) sy blog gelees het oor die afgelope 16.775 maande. Volgens my berekeninge is sy gemiddelde aantal lesers per maand dus nie 240 000 of 300 000 mense nie, maar eerder iets in die omgewing van 8785.46. Wat natuurlik steeds ‘n indrukwekkende getalletjie is (vir die afgelope jaar is myne maar ‘n maandelikse 2840.75).

Daar is egter ‘n massiewe verskil tussen 300 000 mense en 8785 mense. Daarom terug na die diskoers wat ek met die heel eerste sin van hierdie inskrywing begin het:

Frank – verduidelik asseblief?

Ek is nie juis een vir bekgevegte nie – hierdie post volg op Frank se kommentaar dat almal wat hierdie blog lees gwarre is. I couldn’t resist.

Post to Twitter

65 Responses to “Bekgeveggie #1: Frank Botha, leunaar?”

  1. Duskant…
    Dink jy Steve gee om hoe DD lyk?? :lol: Ek meen, as Frank vir die wêreld en sy pal wil vertel hy is Steve se grootste vriend is dit seker sy saak??
    Anyways, altwee daai sites word gedoen deur HarveyG van FreeOffice. Dit kan ook ooreenkomste verduidelik.

    Reply

  2. Miskien is Frank se ligte aan, maar ek dink nie daar is iemand tuis nie!! :roll: (Hier is ‘n verandering in sy patroon – hy het nog geen vroumense beledig nie!! Wow :shock:

    Reply

  3. Frank Botha mag ‘n leuenaar wees, maar hy ondersteun Japan.

    Japan is die beste!

    Reply

  4. [1] Frank se inskrywings is, soos Johan s’n, soms interessant. Dis ieder geval hoogs uitsonderlik dat ouens wat elke dag blog, elke dag iets blog wat gelees MOET word. [2] Ek het nie die indruk gekry dat Johan vir Frank aangeval het nie. Frank se reaksie was dus miskien effens onnodig. [3] Hit counters is nie altyd ‘n maatstaf nie … dis WIE die blog lees en WIE kommentaar lewer, wat eerder ‘n aanduiding is van die sukses van ‘n blog. ‘n Tikkie intelligensie maak ‘n reuse verskil aan die sukses van ‘n blog.

    Reply

  5. [...] Bekgeveggie #2 – Wys jou muis (Liewe leser: as jy nie verstaan wat ek skryf nie, lees gerus hier, hier en hier.) [...]

  6. MaryScots – jy maak goeie punte. Ek stem veral saam met jou stelling aangaande kommentaar.

    Reply

  7. Hi guys, I have been following this entry with some amusement. Le me say this: The blog counter at the bottom of DD is FUBAR (Old CGI script), shows Unique hits and will be fixed or removed in due course, in the meantime Johan, go check AMATOMU stats re DD (last week he hit 21, this week back to 42), it’s way more accurate and independant. Whilst I havent read FB’s post on DD (it was deleted?), I ASS-U-ME he said VISITORS and not HITS in his advert campaign, which off course is a FAUX PAS, he’s no IT guru but manages to attract advertisers all the same, so he’s doing something right?. DD is getting WAY more than 300,000 hits per month so sayeth the AWSTATS, but it’s his prerogative, not mine to release those figures. His advertisers are not being mislead, as he carries a copy of the AWSTATS with him when he sells advertising.

    Further re SSSB and DD looking the same, they were setup at almost the same time by me when I was pressurised to deliver and somewhat n00bish with WORDPRESS (still am!) and there were little or no templates that worked at the time for what they wanted (3 column themes). Rest assured both are currently undergoing a facelift and will look rather different and more professional in due course.

    Kind regards, Harvey

    PS: Da Mario, wtf have u been hiding mate? :wink:

    Reply

  8. harvey – dankie vir jou bydrae.

    frank praat van 300 000 bloggers, aldus mense. 300 000 afrikaanssprekende mense per maand. hits is irrelevant hier. ek alleen kan op een dag vir frank ‘n paar honderd hits gee deur my browser herhaaldelik te refresh.

    terloops, (soos ‘n goeie vriend my onlangs verwittig het): as hy 300 000 hits per maand kry, dan kry hy ongeveer 10 000 per dag, wat selfs meer as steve hofmeyr is. as hy 10 000 per dag kry, statisties, moet hy hopelik iets in die omgewing van 500 – 1000 comments per dag kry. dit piek eerder hier by 20 – 30, as ek sake mooi kyk.

    nee wat, ek is nie oortuig nie. soos ek in nuwe posts sê: ek is heeltemal oop vir oortuiging. maar tans? tans is ek by verre nie oortuig nie.

    frank – wys jou muis, toe?

    Reply

  9. (hoe, terloops, wil jy die statcounter fix ;) ? )

    Reply

  10. Hy stuur dit Japan toe, natuurlik. Johan, ek dink jy is heimlik verlief op Frank.

    Reply

  11. Jy reken?

    Reply

  12. [...] noem: ek het nie in die minste ‘n probleem met Frank se hits nie. Dis nie (soos machiel dit reeds beskryf het) ‘n geval van digitale penisnyd nie. Ek het iets gesien wat in my oë onregverdig was en so [...]

  13. Hi Johan

    Is nie regverdig van jou om die hits so te vertolk nie…

    Elke rekenaar in suid Afrika of in die wereld het nie sy eie IP nie… Hit Counters tel van cookies af.

    Ek sal graag jou verduideliking van unique hits and page views hoor…

    Jou blog is erg intresant en van hoe gehalte… ma wie is ek om the judge…

    Groete

    Reply

  14. Bierpens – Baie dankie vir die kompliment :-)

    Jy is reg; ek maak inderdaad ‘n fout. Ek het intussen opgelees hieroor en dis wel cookies, maar dit gaan nie ‘n wesenlike verskil maak aan my logika nie. My standpunt is (en bly) dat daar nie naastenby 300 000 bloggers bestaan wat in Afrikaans blog nie. Ek stem veel meer saam met Harvey se mening dat dit ‘n faux pas is, hoewel ek nie seker is of Frank per ongeluk daardie fout gemaak het nie.

    Reply

  15. toets

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled