Bekgeveggie #3 – Frankly, my dear…

Soveel menings, soveel reaksies. Dankie aan almal wat deelgeneem het aan die bekgeveggie tussen my en Frank. Hoewel ek nie vinnig weer aan een gaan deelneem nie, was dit die moeite werd, al is dit net omdat ek vinnig 'n paar dinge oor die blogosfeer bygeleer het.

‘n Blogger se beeld, byvoorbeeld, is goud. Krap en die blogger sal terugkrap. (Dit het ek lank reeds geweet, maar nog nie eerstehands belééf nie.) Ook: die hart van 'n blog is gespreksvoering. Nes 'n regering wat sy kritici van kant maak nie veel van 'n regering is nie, is 'n blog met eensydige diskoers en knellende moderering nie volbloed blog nie.

Ek loop natuurlik die risiko om soos 'n gebroke grammafoon te klink (veral omdat ek hierdie presiese woord reeds gebruik het), maar ek wil dit tog weer noem: ek het nie in die minste 'n probleem met Frank se hits nie. Dis nie (soos machiel dit reeds beskryf het) 'n geval van digitale penisnyd nie. Ek het iets gesien wat in my oë onregverdig was en so hoflik moontlik daaroor geblog. (Nie sonder stukkies sarkasme nie, bygesê – dit erken ek ruiterlik. Dis nou maar een maal wat gebeur as jou opponent jou uitskel en vloek.) Vir die wat nie oortuig is nie of 'n mate van vertroue in my verloor het, nooi ek vriendelik uit om die emosie te stroop en weer te gaan lees.

‘n Laaste misverstand wat ek voel ek graag van my kant af wil uitklaar: my standpunt was van die begin af dat daar nie naastenby soveel Afrikaanse bloggers bestaan soos onder andere deur Frank beweer word nie. Frank het egter supervinnig sy hings bestyg en dit laat blyk dat sy “vyande” (waarvan ek aanneem ek deel is) beweer hy word omtrent geensins gelees nie.

Ek staan by my oorspronklike saak. Frank, blyk dit, ook:

told-you-so.jpg

Die “Meer oor Frank”-afdeling wat die kwartmiljoen bloggers per maand noem, is skoonveld. Ek beskou die saak dus as suksesvol afgehandel. (Ek moet eintlik rondhuppel en “I told you so” sing, maar dit sal ongeskik en selfvoldaan wees.) Almal kan nou weer rustig slaap en aandag skenk aan dringender kwessies as misleidende statistieke en ego-manie.

En gaan besoek gerus Daaglikse Dosis, ou Frank laaik die hits.

Vrede.

This entry was posted in Blogging and tagged , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>