Vanoggend op een van die plaaslike DC-hub (‘n bekende p2p filesharing stelsel waarop studente gereeld met mekaar gesels) kom ek op hierdie juweeltjie aangaande die onlangse “dwelmklopjagte” af. Met die studente se toestemming gepubliseer (Nosferatu is natuurlik sarkasties):
[09:39:56] <Nosferatu> I’m gonna become a cop one day so I have the right to beat people up
[09:40:22] <Anonymous student 1> ja and fire shotgun rounds in the roof
[09:40:35] <Anonymous student 1> that is very cool
[09:40:36] <Nosferatu> sounds like fun
[09:40:36] <IRJoker> my god man, that is all we need, people to be inspired by the ignorace and brutality of the Police beating people down
[09:41:20] <Anonymous student 1> ja in the old days you joined the army to fire clips at random unidentified people
[09:41:27] <Anonymous student 1> now we can join the police
Die Stellenbosse polisiemag is oor die algemeen baie nonchalant teenoor studente. In my eerstejaar is daar byvoorbeeld by my kar ingebreek. Ek het die polisie dadelik in kennis gestel, maar is begroet met 'n baie nuttelose: “meneer, het jy 'n saaknommer?” (hoe kan ek 'n saaknommer hê as die misdaad sopas gebeur het?) en later: “ag meneer, wil jy nie maar eerder hierdie saak los nie?” Sweer. Ek het al van 'n hele paar gevalle gehoor waar studente vir iets soos vandalisme in selle gegooi word. Dan het hulle 'n vullisdrom omgestamp. Dis mos baie makliker om 'n dronklap vas te trek as 'n rower.
Bygesê, hulle is natuurlik nie net sleg nie. Toe ek verlede jaar in Bloemfontein beroof is, het 'n Stellenbosse polisieman later baie moeite gedoen om my op die nippertjie vir versekeringsdoeleindes te help. (Ek weet nie of jy dit ooit gaan lees nie, meneer, maar dankie. Ek waardeer dit.) Maar dit was, in my persoonlike ervaring, 'n uitsondering. Daar heers tog 'n mate van apatie by polisiemanne teenoor studente.
Hoe kom 'n mens agter die kap van so 'n byl? My vermoede is dat, benewens moontlike korrupsie (wat seker maar orals posvat) dit 'n geval is van afguns teenoor jong, rykgat laaities wat in 'n idilliese borreltjie lewe en hulle geld wegdrink. Hel, as ek 'n polisieman was het ek ook van tyd tot tyd so 'n paar gaan voeter. Dis jaloesie, dink ek. Afguns. Plein en simpel.
Of dit reg is, is 'n volgende storie.