Een van die noodwendige (somtyds noodlottige) gevolge van my tutorskap by Die Departement is dat my studente opdragte inhandig wat gemerk moet word. Departementele beleid stipuleer dat geen laat inhandigings aanvaar sal word nie, wat natuurlik van die mees onoorspronklike verskonings op die planeet na vore bring.
Soos byvoorbeeld: die rekenaars in HUMARGA kon nie print nie. Die printers in HUMARGA is offline. My flashdisk is stukkend. (Dan wys hulle vir jou die flashdisk asof jy machine code deur plastiek met jou brein kan lees). Ek dien op tagtigduisend komitees in my koshuis. My laptop het toevallig gebreek net voor die sperdatum. My poegie het aan die brand geslaan op die kritieke oomblik wat ek hierdie opdrag in jou vakkie moes kom gooi. My ouma is weer dood. Ek het dit in jou vakkie gegooi (regtig? ek het dit nie daar gekry nie) Nee, maar ek het dit regtig daar ingegooi. (Ek het dit nie gekry nie.) Ek het ek sweer.
Genugtig.
Sê net vir my reguit jy het vergeet om dit te doen, dan kan ons dalk praat. Moet tog net nie in my gesig vir my kom Frank Bot…err…lieg nie. Sies man.