
Beste bloggers
Dis tyd vir 'n volgende aflewering van die [TYD]Skrif-projek!
Een van die kwessies wat duidelik geraak het na die eerste uitgawe, is dat inskrywings nog nie ten volle verteenwoordigend van die Afrikaanse blogosfeer is nie. Hoewel ons 'n spesmaas het dat WordPress die meeste Afrikaanse bloggers huisves, is daar verskeie gemeenskappe op ander bedieners ook, naamlik iBlog.co.za en Blogspot.com (en ons is seker daar is nog 'n paar waarvan ons nie weet nie). Hierbenewens is daar natuurlik ook verskeie blogs met unieke domeinname.
Ons het dus met 'n bykomende metode vorendag gekom: bloggers nomineer elkeen hulle gunsteling drie posts sedert 1 Desember 2007 (die vorige sluitingsdatum) en tag elkeen drie ander bloggers om dieselfde te doen via 'n blogpost soortgelyk aan hierdie een. Om tred te hou met nominasies, versoek ons bloggers vriendelik om hulle keuses se titels (en skakels na die keuses) na tydskrif@gmail.com te stuur.
Om die bal aan die rol te sit, tag ons dus onverwyld die volgende bloggers: Sonkind, Die Gestorwe Soldaat, RightSaidReverend, Rosalind Franklin, Da Mario en Roer.
Vriendelike groete
Die redaksie
N.s – Bloggers word sterk aangemoedig om posts vanaf hulle eie blog ook te nomineer.