Webspasie. Migrasie. Konsternasie.

Na aanleiding van WordPress.com se tekortkominge het ek besluit om te verhuis.

As ek tekortkominge sê, bedoel ek nie dat WordPress.com nutteloos is nie – inteendeel. Ek is egter op 'n punt waar ek graag self CSS wil edit, Javascript en (dalk) Flash wil gebruik. Die rede hiervoor is tweeledig. Eerstens wil ek ondersoek instel na die inkomstepotensiaal van blogs; tweedens wil ek graag dinge doen wat ek al lankal wou doen, soos polls embed, 'n meer vleiende ontwerp ontwerp (sê dit vinnig, dit klink vernuftig) en beter statistieke kry.

Moenie bekommerd raak nie – ek gaan nie in 'n sell out ontaard met tagtigduisend onooglike ads en opsetlike pogings tot massahisterie nie. Ek 'n is egter op soek na stabiele, vinnige webspasie waarheen ek hierdie blog kan skuif – steeds in WordPress-formaat. Ek soek stabiele webspasie omdat my data vir my belangrik is en vinnige toegang omdat my lesers vir my belangrik is.

‘n Bietjie navorsing toon aan dat plaaslike webspasie taamlik duur is in vergelyking met oorsese eweknieë. Die beste opsie wat ek tot dusver in Suid-Afrika kon vind, is Hetzner, maar hulle ondersteun nie MySQL en PHP vir minder as R99 'n maand nie – en selfs dan sit jy nog met baie beperkte databasisvermoë. Die prys, gepaard met Eskom se huidige beurtkrag, maak my effens skepties. Dit laat my met 'n rits aantreklike aanbiedinge uit Amerika, Europa en Asië (insluitende Hetzner.de). Al probleem hiermee is dat, sou iets onklaar raak, die kliëntediens dalk nie so goed sal wees nie. Ek sit immers aan die onderkant van Afrika.

Tans probeer ek sin maak van veral Amerikaanse maatskappye se buitensporige aanbiedinge. Verskeie van hulle bied onbeperkte bandwydte en duisende gigagrepe (sê dit met noeste vlyt), maar so iets kan onmoontlik volhoudbaar (of vinnig) wees. Is daar enigiemand met meer kennis en ervaring wat meer lig op hierdie situasie kan werp? Dalk iemand wat in die verlede 'n bloutjie met so iets geloop het? Ek wil nie 'n kat in die sak koop nie, maar kan eweneens nie nou 'n leeu bekostig nie…

Die laaste inskrywing in die rock-trilogie is in produksie.
This entry was posted in Blogging. Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>