Ek kry nounet 'n e-pos van Frank Botha, waarin hy verklaar:
Swart wankers. Huldeblyk aan 'n Prinses.
Frank Botha se Daaglikse Dosis. Vreesloos Afrikaans.
NOU AAN. LEES SUID-AFRIKA SE GEWILDSTE AFRIKAANSE BLOG NOU.
Op sy blog self skryf hy:
Noem my 'n Afro-pessimis, maar die SA Studente Organisasie is 'n spul swart wankers. And you may quote me on that. [Ek maak so - JS.] Die Universiteit van die Vrystaat-walgvideo maak 'n draai op CNN en, et voila, onskuldige whiteys landwyd is onmiddelik rassiste. [Huh? - JS.] Eisj, baas… Stereotipeer my en my boere-bloed kook: ek duld nie aanmatige anti-wit stront nie. Blanke studente koop 'n vloblad-advertensie in The Sunday Times waarin hulle opreg vir die walgvideo omverskoning vra, maar hul eerlike apologie word vewerp. Ek is moerse trots op die blanke studente. Dit vat guts om te erken wanneer jy verkeerd is.
Hoe raak 'n mens nié omgekrap hieroor nie? Blanke studente het nie 'n vloblad-advertensie(sic) gekoop nie: die Universiteit van die Vrystaat het. Blanke studente het nie erken hulle was verkeerd nie, die Universiteit van die Vrystaat het 'n verskoning uitgereik rakende vier studente se optrede. Hoe maak 'n mens dit duideliker sonder om dit in vetdruk te publiseer: Die Universiteit van die Vrystaat != whiteys. In geen droom, allegorie of grot op hierdie planeet nie.
Nes Jean Greyling, oor wie Die Gestorwe Soldaat onlangs geblog het, is Frank besig om die moeite wat Afrikaners van hulle kant af insit om rasseverhoudinge te probeer regop hou, in sy peetjie te stuur. Ons het nie sulke oningeligte, sensasiegedrewe veralgemenings nodig op die internet nie.
(Wat de joos is 'n Afro-pessimis?)