Kaa kaa en kaa

Ha! Hier sit ek in die Cyber Ostrich, besig om na 'n Tastic-rysadvertensie op E-tv te kyk. Onder andere is ek weer besig om 'n paar kitaarspelers te beloer vir 'n volgende aflewering vir die KKNK kitaarkanon, wat die legendariese Johnny’s Jazzband insluit.

‘n Paar opmerkings:

1 Ek is bekommerd oor die aantal karaokekunstenaars wat covers doen van hulle eweknieë (of so dink hulle). Hoewel nie my gunsteling musiekstyl nie, het ek nie juis 'n probleem met sokkietreffers en dies meer nie. Maar genugtig – as jy eers begin om Kurt en Steve te dek (pun intended), dan brand daar 'n rokie (nie 'n rokkie nie, Steve). I mean how low can you go. Kry 'n bietjie oorspronklikheid, mense – skryf ten minste jou eie sin wat herhaal. Of koop 'n blogge…err…skrywer om dit vir jou te doen.

2 Breinbliksem is een van die beter toneelstukke wat die teaterbedryf na dese opgelewer het, met 'n indrukwekkende sameflansing van tegnologie en akteur. Gaan kyk dit.

3 Ek gaan vanaand na Fokofpolisiekar kyk.

Ter afsluiting kan julle my dalk help, aangesien ek dit nie meer lekker verstaan nie. Siende dat elke tweede persoon op straat homself so klassifiseer, wat is 'n kunstenaar?

This entry was posted in Blogging, Musiek and tagged , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>